Sarie Kos

’n Bobaas-kok is ek nie, maar ek kom darem reg in die kombuis. Wat ek wel nog nooit kon regkry nie, is om ’n ordentlike ligte omelet te maak. Myne kom sponserig uit en het ’n harde “dop” buite. Hoe maak ek ’n goeie, stewige ligte omelet?

- Jacqui-Lyn McIntyre-Louw, Bloemfonte­in

SAARTJIE Só maak ek ’n omelet: Ek skei 3 eiers en klits dan eers die gele en dan die witte tot lekker skuimerig – geur met sout en peper voor jy klits. Meng nou die twee. Gooi bietjie olie onderin ’n warm pan en gooi mengsel in die pan. Plaas dadelik in ’n warm oond en bak tot lekker opgepof en gaar.

Skep vulsel bo-op en vou netjies toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa