Sarie Kos

Veerlig gebak met Defy

As jy ’n mooi oond soek wat boonop bekostigba­ar en prakties is, is die nuwe Slimline Full Glass Fan Assisted Oven van Defy presies die regte keuse vir jou kombuis. Die stylvolle glas-vooraansig is maklik om skoon te hou

-

Mojito-koek

Dié sponskoek gaan ’n treffer wees in jou huis. Jy kan die geur aanpas met die stroop wat jy oorgooi.

genoeg vir 2 6 eiers 260 g (325 ml) strooisuik­er 115 g (125 ml) botter, gesmelt 5 ml vanieljege­ursel 260 g (460 ml) koekmeel STROOP 80 ml wit rum 200 g (250 ml) ligbruin suiker 2 takkies kruisement plus ekstra vir versiering VERSIERSEL 100 g (110 ml) sagte botter 250 g (480 ml) versiersui­ker 250 g roomkaas by kamertempe­ratuur gerasperde skil van 2 lemmetjies Verhit Defy-oond tot 180 °C. Plaas eiers en suiker in elektriese menger se bak en plaas op pot met kookwater. Klits met draadklits­er tot eiermengse­l begin louwarm raak – toets met jou vingerpunt. Plaas bak in menger en klits 8-10 minute by hoë spoed tot dik skuimmengs­el vorm. Voer intussen twee 18 cmlosboomp­anne met bakpapier uit en spuit goed met kleefweren­de kossproei. Voeg botter, vanielje en meel by eiermengse­l en vou versigtig in met slaplemmes. Verdeel mengsel tussen panne en bak 25-30 minute of tot goudbruin en gaar. STROOP Bring die bestanddel­e vir die stroop tot kookpunt terwyl die koeke bak. Gooi stroop oor warm koeke en laat afkoel.

VERSIERSEL Klop bestanddel­e vir versiersel saam tot lig en romerig. Plaas een koek op opdienbord en smeer helfte van versiersel bo-op koek. Plaas tweede koek bo-op met pankant na bo. Spuit klein ronde rosette bo-op koek met oorblywend­e versiersel. Versier koek met ekstra vars kruisement en gerasperde lemmetjies­kil.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa