Sarie Kos

Lietsjieso­rbet

(bl. 94) Gebruik geblikte lietsjies.

-

genoeg vir 1 liter

250 ml water 200 g (250 ml) suiker sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen 1 x 400 g-blik lietsjies 500 ml dubbelroom-jogurt Kook water, suiker, en sap en skil van suurlemoen tot al die suiker gesmelt het. Voeg lietsjies met sap en al by en kook nog 5 minute. Verwyder van hitte en voeg jogurt by. Meng deur. Pols mengsel in voedselver­werker tot glad. Laat afkoel tot yskoud en vries in roomysmasj­ien, of maak só as jy nie ’n masjien het nie: Gooi mengsel in ’n vrieskasbe­stande bak. Plaas in vrieskas en roer elke 15 minute met draadklits­er tot mengsel dik en romerig gevries is. Smeer gelyk bo-op en vries tot heeltemal gestol. Skep balle en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa