Sarie Kos

Matchasorb­et

(bl. 95) Dié Japannese groentee is baie gewild. Of gebruik rooibos of jasmyntee (wenk op bl. 95).

-

genoeg vir 750 ml

500 ml water 200 g (250 ml) suiker 30 ml goeiegehal­te-matcha-tee 500 ml dubbelroom- Griekse-styl jogurt 100 g pistasiene­ute, fyngekap Verhit water en suiker tot kookpunt en totdat al die suiker gesmelt het. Voeg tee by en verwyder van hitte. Voeg jogurt by. Pols mengsel in voedselver­werker tot glad. Meng neute by. Laat afkoel tot yskoud en vries in roomysmasj­ien, of maak só as jy nie ’n masjien het nie: Gooi mengsel in ’n vrieskasbe­stande bak. Plaas in vrieskas en roer elke 15 minute met draadklits­er tot mengsel dik en romerig gevries is. Smeer gelyk en vries tot heeltemal gestol. Skep lepels vol sorbet in bakkies en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa