Sarie Kos

AANLYN WYNWENNERS

-

Vivino is ’n aanlyn wyngemeens­kap,

wynlys en selfoon-toep waarop gebruikers wyn kan koop, evalueer en beoordeel. Jaarliks beloon dié virtuele wyngemeens­kap die beste en mees geliefde wyne van regoor die wêreld in die Vivino Wine Style Awards. Die meriete word deur Vivino se 26 miljoen gebruikers bepaal, en wynstylpry­swenners sluit die toptienbes­te wyne uit 149 kategorieë in. Suid-Afrikaanse wyne vaar goed, met Ken Forrester Chenin Blanc (FMC 2013) en Jordan Nine Yards Chardonnay 2013 wat die top-50-lys

van witwyne gehaal het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa