Sarie Kos

10 vrae vir Yolani

-

1. Waar kom die naam Kole&Deeg vandaan? Dis ’n eg Afrikaanse naam wat ’n verbinteni­s of interaksie tussen vuur en die roosterkoe­ke verteenwoo­rdig. My oudste broer, Etienne, het die naam uitgedink. Roosterkoe­k was die inspirasie. Deeg oor die Kole.

2. Hoekom roosterkoe­k? Dis veelsydig, gesellig saam met die tradisione­le SuidAfrika­ners se liefde vir braaivleis en kuier. Kinders kan hul eie stokbrood braai. Dis ideaal vir burgers met ’n verskil en dit kan in repies gesny word as ’n doop-broodjie.

3. Wat is die grootste geheim van goeie roosterkoe­k? Die sukses van brood begin by die deeg. Jy moet seker maak jy laat dit lank genoeg rys, sodat die geur van die gis sy werk kan doen en die brood daai veerligte tekstuur kry. Dan is jou kole natuurlik baie belangrik. Maak seker dis nie te warm nie, maar ook nie te koud nie.

4. As ek Kole&Deeg besoek, wat kan ek verwag? Iets anders as waaraan jy gewoond is op ’n klein dorpie soos Ceres. Dis regtig ’n versteekte juweel. Baie mense sê dit laat hulle voel asof hulle in die Kaap is. Daar is interessan­te fyngebak en die restaurant het ’n geurige spyskaart wat deur die seisoen geïnspiree­r word.

5. Geen bakker mag ooit … Die kopers se smaak ignoreer nie! 6. Jy is ook nou mede-aanbieder van Spyskaart op SABC2. Wat kan ons verwag in die program? ’n Sterk fokus op gewone platteland­se Suid-Afrikaners en die smulkosse waarvan hulle hou. ’n Speelse en gesellige program wat almal sal trots maak om ’n Suid-Afrikaner te wees.

7. Benewens al die heerlike gebak by Kole&Deeg, wat kan ek nog verwag as ek julle besoek? ’n Oorvloed van Ceres se gasvryheid en ’n onvergeetl­ike eet-ervaring.

8. Wat is die heel beste manier om roosterkoe­k te eet? Warm van die rooster af, met regte botter en plaaskonfy­t wat tuisgemaak is.

9. Jou beste bakgeheime? Bak altyd met liefde en passie. Maak seker jy gebruik kwaliteit-bestanddel­e. Wees soms waaghalsig en voeg jou eie geur by tradisione­le resepte, maar sorg bowenal dat die produk smaaklik is en nie net mooi lyk nie.

10. As jy gebak was, wat sou jy wees? ’n Croissant! Dit is maar net een van my gunsteling­e, met goeie koffie. >

 ??  ??
 ??  ?? Yolani Abrahams, uithaler-sjef en -bakker * Besoek Kole&Deeg by Voortrekke­rstraat 28, Ceres – oop van Dinsdae tot Saterdae
Yolani Abrahams, uithaler-sjef en -bakker * Besoek Kole&Deeg by Voortrekke­rstraat 28, Ceres – oop van Dinsdae tot Saterdae

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa