Sarie Kos

Roosterkoe­k-resep

-

Yolani se span staan vroeg in die oggend op om die roosterkoe­k te maak. Haar geheim vir eenvormigh­eid is ’n groot koekiedruk­ker waarmee sy die deeg uitsny. genoeg vir 12

2 500 g koekmeel plus ekstra vir sprinkel 15 g kitsgis 25 ml suiker 20 ml sout 30 ml kookolie 1 900 ml louwarm water

MAAK EERS JOU DEEG

Meng meel, gis, suiker en sout in groot mengbak. Voeg olie en louwarm water by. Meng goed tot kniebare deeg vorm. Knie 8-10 minute. Plaas deeg in skoon bak wat gesmeer is met olie. Maak toe en laat rys op warm plek tot dubbel die volume – sowat 1 uur. Kry solank jou kole reg.

1Krap kole uit vuur en plaas rooster oor kole – dit moenie te warm wees nie. Jy moet jou hand minstens 10 tellings sowat 10 cm bo die kole kan hou.

2Besprinke­l werkvlak ruim met ekstra meel en keer deeg daarop uit. Druk deeg met vingerpunt­e plat tot sowat 1 cm dik. Sny groot deegsirkel­s van jou keuse uit met koekiedruk­ker, sodat al die koeke ewe groot is.

3Braai roosterkoe­k 5-8 minute aan een kant. Draai om en braai verder aan die ander kant.

4Draai roosterkoe­ke op die sy en braai só vir nog 1-2 minute. Roteer heeltyd om seker te maak dit word dwarsdeur gaar. Om te toets of dit gereed is, kan jy liggies op die roosterkoe­k klop. As dit hol klink, is dit gaar. Sit warm voor.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa