Sarie Kos

Grondboont­jiebotters­jokoladeko­ek

-

(bl. 27) As ek die dag hierdie koek bak, weet my hele huis ek is in ’n goeie luim. Hy is ryk en hy is heerlik! genoeg vir een 22 cm-koek

400 g (500 ml) suiker 250 g (450 ml) koekmeel 75 g (200 ml) kakao 7,5 ml bakpoeier 7,5 ml koeksoda 5 ml sout 2 eiers 250 ml karringmel­k 15 ml vanieljege­ursel 250 ml warm koffie 60 ml gladde grondboont­jiebotter 115g (125 ml) ongesoute botter, gesmelt

VERSIERSEL 125 ml gladde grondboont­jiebotter 115 g (125 ml) ongesoute botter, by kamertempe­ratuur 325 g (625 ml) versiersui­ker, gesif 75 g (200 ml) kakao, gesif 5 ml vanieljege­ursel 135 ml room

Verhit oond tot 180 °C. Spuit 2 koekpanne van 22 cm met kleefweren­de kossproei en voer uit met bakpapier. Plaas al ses droë bestanddel­e in groot bak. Meng eiers, karringmel­k en vanielje saam en voeg by droë bestanddel­e. Meng deur om beslag te maak. Meng warm koffie, grondboont­jiebotter en botter saam tot glad en sag. Voeg by beslag en meng goed. Verdeel beslag tussen koekpanne en plaas in warm oond. Bak 35 – 40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Haal koeke uit oond en laat 10 minute in die panne afkoel. Keer koeke op afkoelrak uit en laat heeltemal afkoel. Versiersel Klop grondboont­jiebotter en botter saam tot lig en romerig met ’n elektriese klitser. Voeg versiersui­ker en kakao geleidelik by en meng tot ’n stywe mengsel vorm. Voeg vanielje en room by. Meng tot glad en romerig. Gebruik ’n skerp mes en sny elke koek in 2 lae. Plaas eerste laag op opdienbord en smeer of spuit van versiersel eweredig bo-oor. Herhaal tot al die lae bo-op mekaar gestapel is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa