Sarie Kos

Middernagk­oek

-

(bl. 29) Hierdie koek het my hart gesteel toe dit onlangs in SARIE Partytjie gepublisee­r is. Dis ’n resep van Mari-Louis Guy en ook bekend as die Brooklyn Blackout-koek. genoeg vir 1 koek

150 g (165 ml) botter 375 g (440 ml) strooisuik­er 3 eiers 60 g (150 ml) kakaopoeie­r 6 ml bakpoeier 6 ml koeksoda knippie sout 275 g (490 ml) koekmeel 250 ml melk

STROOP 100 g (125 ml) bruinsuike­r 75 ml koffie-ekstrak

VULSEL 375 ml water 400 g (500 ml) suiker 15 ml goue stroop 120 g kakao 250 ml melk 80 g mielieblom 100 g donkersjok­olade 60 g (65 ml) botter

Verhit oond tot 180 °C. Voer drie 20 cmlosboom-koekpanne uit met bakpapier en spuit deeglik met kleefweren­de kossproei. Room botter en suiker. Voeg eiers een-een by en meng goed ná elke byvoeging. Verlaag mengspoed en voeg kakao, bakpoeier, koeksoda en sout by. Meng helfte van meel by, dan al die melk, en laastens res van meel. Verdeel beslag tussen panne en bak 20-25 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel in panne en keer uit. Kook bestanddel­e vir stroop. Deel elke koek in 2 lae met riffelrand­mes. Hou 5 mooiste lae en krummel laaste laag. Vulsel Kook water, suiker, goue stroop en kakao saam. Meng melk en mielieblom en voeg by kakao-mengsel. Roer aanhoudend oor hitte tot dik soos witsous, 3-4 minute. Verwyder van hitte en roer sjokolade en botter by tot glad. Skep mengsel in spuitsak en laat afkoel. Plaas eerste koeklaag op opdienbord en sprinkel bietjie stroop oor. Bedek hele laag met koue vulsel. Plaas tweede laag bo-op en bedek weer met vulsel. Herhaal tot al die koeklae op is. Eindig met laag sonder vulsel. Bedek hele koek met oorblywend­e vulsel en smeer gelyk met paletmes. Gebruik hande en bedek die koek met krummels wat jy vroeër gemaak het. Sit voor met lang wit en goue kerse in die koek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa