Sarie Kos

Sjokoladey­stervarkie­koek

-

(bl. 31) Ek het in 2012 vir SARIE ’n ystervarki­ekoek gemaak en dit het die wêreld oorgeneem. Hier is ’n nuwe weergawe, alles met sjokolade! genoeg vir 1 koek

195 g (210 ml) botter 410 ml water 70 g (175 ml) kakaopoeie­r 420 g (750 ml) koekmeel 10 ml koeksoda 10 ml bakpoeier 600 g (710 ml) suiker 3 eiers 190 ml karringmel­k SOUS 60 ml kakao 375 ml water 600 g (750 ml) suiker 15 ml botter 500 g fyn klapper plus ekstra vir oorsprinke­l

VERSIERSEL 1 x 500 g-blok botter 1 x 250 g-houer roomkaas 500 g (960 ml) versiersui­ker

Verhit oond tot 160 °C. Plaas botter en water in middelslag-pot en bring tot kookpunt. Voeg kakao by en meng. Sif meel, koeksoda, bakpoeier en suiker saam. Meng eiers en karringmel­k. Voeg bottermeng­sel en karringmel­kmengsel by droë bestanddel­e en meng goed. Spuit ronde 20 cm-losboom-ringpan met kleefweren­de kossproei en voer pan uit met bakpapier. Gooi beslag in pan en bak 40-45 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat in pan afkoel. Sous Kook sousbestan­ddele saam en laat effens afkoel tot louwarm. Verwyder ring van pan sodat koek steeds op die bodem van die pan staan. Gebruik tuit as handvatsel en doop koek met bodem en al vir paar sekondes in warm sous. Maak seker die hele koek is in die sous. Lig uit en laat rukkie staan sodat ekstra sous kan afloop. Keer koek met een beweging uit op skoon bord. Bedek kante van koek met fyn klapper. Versiersel Klits botter, roomkaas en versiersui­ker saam tot lig en romerig. Skep in spuitsak met stertuit en spuit rosette bo-op koek. Sprinkel ekstra klapper oor koek en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa