Sarie Kos

Olyfbrood

-

(bl. 41) Ek het al baie kompliment­e vir hierdie broodresep gekry sedert dit vir die eerste keer in SARIE KOS vir Mans in 2010 verskyn het. Hier is hy weer; bak hom en geniet sy lekkerte! genoeg vir 1 brood

500 g (890 ml) koekmeel 500 ml water 1 x 10 g-sakkie kitsgis 10 ml sout 200 g olywe, ontpit en grofgekap ekstra koekmeel vir sif

Verhit oond tot 220 °C. Plaas al die bestanddel­e, buiten die olywe, in die bak van ’n elektriese menger. Gebruik die mengspaan ( K-beater) en meng die bestanddel­e by die hoogste spoed tot alles in een bal saamkom in die middel van die bak, 10-12 minute. Gooi olywe by en meng nog 1 minuut. Maak bak toe met kleefplast­iek en laat rys op warm plek tot dubbel die volume, sowat 30 minute. Sif ’n dik laag meel op ’n bakplaat wat met kleefweren­de kossproei gespuit is. Keer die deeg versigtig op die bakplaat uit. Gebruik jou vingerpunt­e en vorm die deeg in ’n langwerpig­e brood. Plaas dadelik in oond en bak 20-25 minute of tot goudbruin en gaar.

Om te weet

Die deeg is baie loperig en glad nie soos gewone brooddeeg wat jy met jou hand kan knie nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa