Sarie Kos

WEELDERIGE HAWERMOUT

-

As ons gaste by die SARIE-kantoor onthaal, is daar altyd hawermout op die ontbytspys­kaart – dis die beste begin vir jou dag.

genoeg vir 6

Plaas 250 ml rou hawermout, 250 ml melk, 250 ml water, 100 g (110 ml) botter, 1 kaneelstok en 5 ml vanieljege­ursel in ’n middelslag-kastrol. Bring tot kookpunt

oor lae hitte. Hou aan roer met houtlepel tot romerige mengsel vorm en hawermout gaar is, 8-10 minute. Verwyder van hitte en roer 50 ml heuning deur. Skep in opdienbak. Sprinkel 100 g pekanneute en 140 g vars bessies en/of vye

oor en sit voor met ekstra fyn kaneel.

POT VIR JOU PAP

Elke kombuis sal spog met so ’n pers gietysterp­ot van Le Creuset. Dis stylvol en duursaam. Koop dit landwyd by Le Creusetwin­kels vanaf R2 100.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa