Sarie Kos

Smelt-indie-mondlamsbo­ud met olyfsous

-

(bl. 39) Gee jou Sondag-lamsboud nuwe lewe met hierdie resep. Vra jou slagter om die boud met die skenkel aan te sny. Dit oondbraai beter. genoeg vir 6-8

2 uie, grofgekap 2 kg lamsboud aan die been, met skenkel aan sout en varsgemaal­de swartpeper 2 wortels, in ringe gesny 3 stingels seldery, gekap 4 takkies vars tiemie, grofgekap 3 knoffelhui­sies, fyngekap 30 ml fyn koljander 1 x 410 g-blik tamatiepur­ee 500 ml beesaftrek­sel 250 ml rooiwyn

SOUS hand vol Italiaanse pietersiel­ie 1 x 200 g-sakkie ontpitte groen olywe, sap en gerasperde skil van 3 suurlemoen­e 80 ml olyfolie

Verhit oond tot 100 °C. Pak uie in een laag in oondbraaib­ak en plaas boud bo-op, met vetkant na bo. Geur goed met sout en peper. Meng res van bestanddel­e (behalwe die sous) en gooi oor vleis. Maak bak toe met foelie en oondbraai vleis oornag of 8 uur of tot dit sag is en van die been wegtrek. Plaas al die bestanddel­e vir die sous in ’n voedselver­werker en pols by hoë spoed tot glad. Plaas boud met potsous en al op opdienbord. Skep olyfsous oor en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa