Geu­ri­ge vark­vleis, min tyd

As jy haas­tig ’n maal aan­me­kaar moet slaan, is vark­vleis jou bes­te maat. Met min moei­te en slim me­to­des kan jy geu­ri­ge ge­reg­te op­to­wer wat al­mal sal be­ïn­druk!

Sarie Kos - - 1 Mandjie 2 Idees -

Le­moen-kas­sler-vark­tjops

Kers­fees is ge­rook­te ham ( gam­mon) my hoog­te­punt, maar jy hoef nie tot dan te wag nie. As jy lus kry vir daar­die ham­geur, maak hier­die re­sep. Dit proe by­na soos Kers­fees! ge­noeg vir 4

Ver­hit oond tot 180 °C. Ver­hit oond­vas­te braai­pan oor hoë hit­te tot warm. Voeg 20 ml o­lyf­o­lie by en braai 6-8 groot kas­sler-tjops 1-2 mi­nu­te per kant of tot goud­bruin. Meng 350 ml sui­wer le­moen­sap (nie nek­tar nie), 45 ml heuning en 30 ml kor­rel­mos­terd saam. Gooi oor tjops in warm pan. Bring tot kook­punt en plaas pan in warm oond. Oond­braai 10-15 mi­nu­te oop of tot lek­ker taai gla­suur­sel vorm en vark mooi blink. Ver­wy­der uit oond. S­prin­kel vars krui­se­ment of kol­jan­der oor en sit voor met groen­te soos blom­kool­pu­ree, ge­stoom­de groen groen­te of roer­braai­groen­te, of kom­kom­mer­slaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.