Sarie Kos

Anderste rysgereg

Rys hoef nooit vervelig te wees nie, veral nie Spekko se wit Saman-rys nie. Bak dit met ’n lekker vleisvulse­l en jy het ’n alles-in-een-maaltyd

-

Ryskoek met vleisvulse­l

Gewone witrys, ongewoon voorgesit. genoeg vir 8

MAALVLEIS 45 ml olyfolie 2 knoffelhui­sies, gekap 1 ui, fyngekap 400 g maalvleis 60 ml tamatiepas­ta 250 ml rooiwyn 1 x 400 g-blik gekapte tamaties sout en varsgemaal­de swartpeper RYS 500 ml Spekko Saman White Rice 100 g droë appelkose, fyngekap 200 g gemengde neute 100 g bosbessies 80 g slaaiblare 250 ml volroom-jogurt 30 ml korrelmost­erd hand vol basiliekru­idblare

Verhit 30 ml van die olyfolie tot warm in middelslag-pan. Braai knoffel en ui 3-5 minute of tot dit begin verbruin. Voeg maalvleis by en roerbraai 5-8 minute of tot vleis bruin is. Voeg tamatiepas­ta, rooiwyn en gekapte tamaties by. Verlaag hitte en laat prut 10 minute. Geur met sout en peper. Rys Terwyl sous kook, bring 4 koppies water tot kookpunt met sout. Voeg rys by en kook tot sag en gaar en tot al die water verdwyn het. Spuit ’n 22 cmpatroonp­an met kleefweren­de kossproei. Meng rys met res van bestanddel­e en skep in pan. Maak in die middel van die rys ’n holte deur met ’n lepel rys uit te skep. Skep maalvleis in holte en maak toe met rys. Druk rys stewig vas in pan en keer uit op opdienbord. Garneer met basiliekru­id.

Sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa