Sarie Kos

Gebraaide María’s met vlavulsel

’n Tradisione­le Spaanse resep – dis heerlik! genoeg vir 8-10

-

VLAVULSEL 400 ml melk 4 eetlepels suiker 1 pakkie vlapoeier

MARÍA’S sonneblomo­lie 2 pakkies Marie-beskuitjie­s 100 ml melk (om beskuitjie­s te doop) 2 eiers 5-6 eetlepels suiker kaneel

Vulsel Verhit 400 ml melk in ’ n kastrol saam met 4 eetlepels suiker. Hou ’ n bietjie melk oor om die vlapoeier aan te maak. Meng die melk met die vlapoeier en sodra die melk begin kook, voeg die poeiermeng­sel by en roer tot dit verdik. Haal af van hitte en laat afkoel. Roer af en toe, sodat die bokant nie stol en ’ n vel vorm nie. María’s Wanneer die vulsel byna koud is, verhit ’ n braaipan met sonneblomo­lie oor matige hitte. Plaas Marie-beskuitjie­s op kombuispap­ier en skep ’ n lepel vulsel op elkeen. Bedek met nog ’ n beskuitjie en druk liggies plat. Berei twee borde voor: een met 100 ml koue melk en een met die 2 geklitste eiers. Berei ’ n derde bord voor met die 5-6 eetlepels suiker en kaneel na smaak. Doop die gevulde koekies vinnig in die koue melk, en dan in die eiermengse­l. Plaas onmiddelli­k in die pan met olie. Wanneer hulle goudbruin van kleur raak, draai versigtig om en haal uit die pan. Bedek met suiker-en-kaneelmeng­sel en geniet onmiddelli­k.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa