Sarie Kos

Rum baba met sjokolades­plinters

-

Dié gisgebak is die plakkaatme­isie van rumnagereg­te (saam met rum&rosyntjie-roomys). Die deeg lyk min, maar dit rys lekker hoog en sal die pan vul.

genoeg vir 1 koek

125 ml rosyntjies 350 g (625 ml) koekmeel 1 x 10 g-sakkie kitsgis 5 ml sout 50 g (60 ml) suiker 125 ml louwarm melk 4 eiers 115 g (125 ml) botter 100 g sjokolades­plinters SOUS 310 ml water 100 g (125 ml) suiker 100 ml wit rum 125 ml lemoensap sjokoladev­la vir voorsit

Plaas al die bestanddel­e vir die koek in elektriese menger se bak en klits by hoë spoed met mengspaan tot alles in een bal saamkom. Plaas in skoon mengbak wat gesmeer is met olie. Laat rys op warm plek tot dubbel die volume, sowat 1 uur. Spuit ’n 30 cm- patroonpan (Bundt) met volume van 2 liter met kleefweren­de kossproei. Gooi beslag wat gerys het in pan en versprei eweredig. Plaas pan weer op warm plek en laat rys tot beslag die pan gevul het. Terwyl beslag rys, verhit oond tot 180 °C. Plaas pan met beslag in oond en bak 30-35 minute of tot goudbruin en gaar. Terwyl koek bak, kook al die bestanddel­e vir die sous saam. Verwyder koek uit oond en gooi warm stroop oor. Laat afkoel en keer uit op opdienbord. Sit louwarm voor met vla.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa