Sarie Kos

Roombollet­jies (bee sting)

-

(bl. 90) Kleintyd op Upington het ons by die plaaslike supermark se bakkery sulke bolletjies met room in gekoop, bekend as bee sting. Ek het nogal rebels gevoel wanneer ek dit koop, want hulle het gesê daar’s rum in. Dit was natuurlik net geursel, maar ek het geglo ek is ’n grootmens as ek dit eet. Hier is my weergawe met regte rum in!

genoeg vir 8

500 ml (280 g) koekmeel 50 ml bruinsuike­r 2 eiers 10 g sout 1 x 10 g-sakkie kitsgis 80 g (85 ml) botter 80 ml louwarm melk 50 g suikerklon­tjies ( sugar crystals)

VULSEL

250 ml room 60 ml versiersui­ker 50 ml donker rum 5 ml vanieljege­ursel 100 ml versiersui­ker sap van 2 suurlemoen­e

Plaas al die bestanddel­e vir die bolletjies behalwe suikerklon­tjies in menger se bak en knie by hoë spoed met mengspaan ( K-beater) tot alles in een bal saamkom. Plaas deeg in bak wat gesmeer is met olie en maak toe met kleefplast­iek. Laat rys op warm plek tot dubbel die volume – sowat 1 uur. Verdeel deeg in 8 balle en rol op meelbestro­oide werkvlak tot mooi rond. Spuit 8 holtes van standaard-kolwyntjie­pan met kleefweren­de kossproei. Pak balle in die holtes en laat rys op warm plek tot dubbel die volume, sowat 30 minute. Terwyl deeg vir tweede keer rys, verhit oond tot 180 °C. Sprinkel suikerklon­tjies op gerysde deeg en bak 15-20 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel. Vulsel Klits room en 60 ml versiersui­ker saam tot sagte punte vorm. Vou rum en vanielje in. Sny bokant van bolletjies oop en hol die onderste deel uit met ’n teelepel. Vul die holte met lepels vol rumroom. Plaas bokant van bolletjies terug op vulsel. Meng 100 ml versiersui­ker en suurlemoen­sap. Skep oor bolletjies en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa