Sarie Kos

ROOMYS R VIR JOU WOEF

-

Ja, daar’s inderdaad nou roomys vir jou

hond! Ons gesels met Linda van der Walt, eienaar van die ondernemin­g wat Cool Dogs Ice Cream uitgedink het.

1. Waar kom die idee vandaan? Ons werk al sedert 2017 aan die gedagte om ’n unieke bederf vir honde te maak. Ons wou graag roomys ontwikkel wat terselfder­tyd lekker is én ’n gesonde alternatie­f bied.

2. Hoekom is dit gesond? Ons gebruik net die beste A-graadbesta­nddele: biltong, vryloopeen­dborsies sonder vel en vars aarbeie. Die jogurtbasi­s bevat slegs 0,1% laktose (laktose is nie goed vir honde se spysverter­ing nie). Pleks van witsuiker, word natuurlike versoeters gebruik om die bitterheid van die jogurt teen te werk en te sorg vir ’n heerlike smaak. Ons werk saam met ’n geregistre­erde dieredieet­kundige om seker te maak die roomys is gesond vir jou brak.

3. Hoeveel geure is daar? Blastin’ Biltong, Dazzlin’ Duck en Swishin’ Strawberry. 4. Hoekom dink jy gaan my hondekinde­rs dit geniet? Dis ’n heerlike peuselding vir honde waaraan hulle nogal lank kan lek, want die roomys word hard gevries. Dis ook goed vir hondjies wat tande kry – hulle kan die roomys bydam eerder as om aan jou meubels te kou.

5. Waar kan ons die roomys koop? By troeteldie­rwinkels en ook sekere Sparwinkel­s. Besoek www. cooldog.co.za vir ’n lys verkooppun­te of vra jou veearts om ons te kontak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa