Sarie Kos

Kaasfondue

-

(bl. 79) Die fondue-pot is terug! Maar vergeet van pruttende olie waarin jy vleis braai soos in die 80’s. Nee, nou maak jy kaassous en sit dit voor met groente en tuisgebakt­e brood.

genoeg vir 6-8

290 g beleë cheddar-kaas, gerasper

170 g gruyère-kaas, gerasper

45 ml koekmeel

250 ml witwyn

45 ml brandewyn

30 ml korrelmost­erd

225 g chorizo, in ringe gesny

broodblokk­ies vir voorsit

Meng 2 soorte kaas en meel in groot mengbak – maak seker die meel is eweredig versprei deur die kaas. Plaas wyn en brandewyn in middelslag-pot en bring tot kookpunt. Verlaag hitte tot stadige prut. Voeg kaas bietjiesge­wys by terwyl jy klits met ’n draadklits­er. Dit sal lyk of die mengsel skif, maar namate jy meer kaas bygooi, raak die mengsel weer romerig. Verwyder van hitte en roer korrelmost­erd by. Gooi kaasmengse­l in fonduepot – stel die pot se vlam op sy laagste. Sit voor met chorizo en broodblokk­ies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa