Sarie Kos

Oondgebraa­ide vinkelslaa­i met jogurt

-

(bl. 71) Dis ’n slaai wat jy saam met bredie op jou wintertafe­l wil hê. genoeg vir 6

6 vinkelknol­le 60 ml olyfolie 15 ml vinkelsaad 15 ml komynsaad 1 brandrissi­e, fyngekap sout en varsgemaal­de swartpeper 4 wiele feta-kaas 100 g okkerneute

SOUS 250 ml volroom-jogurt sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen 30 ml mosterdpoe­ier

Verhit oond tot 200 °C. Sny knolle in kwarte en pak op oondbraaip­laat. Meng olyfolie, vinkelsaad, komyn en brandrissi­e. Gooi oor knolle. Geur goed met sout en peper. Plaas oop in warm oond en oondbraai 25-30 minute of tot goudbruin en sag. Terwyl vinkel rooster, meng alles vir die sous. Pak gaar vinkel op opdienbord en krummel feta oor. Kap neute grof en gooi oor. Skep lepels vol sous oor groente en sit warm voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa