Hoen­der­bot­ter­ker­rie

Sarie Kos - - Nou Op Ons Bord -

(bl. 14) Dit bly een van my lek­ker­ste ker­rie­re­sep­te en jy maak dit in ’n kits. Ge­bruik ont­been­de hoen­der­dye.

ge­noeg vir 6 45 ml o­lyf­o­lie 1 ui, fyn­ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­kap 30 ml ge­roos­ter­de ma­sa­la 30 ml ko­myn­saad 20 ml fyn kol­jan­der 20 ml vin­kel­saad 1 x 400 ml-blik klap­per­melk 1 x 400 g-blik ta­ma­tie­pu­ree 24 ont­been­de hoen­der­dye sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per 1 x 410 g-blik bot­ter­bo­ne, ge­drei­neer hand vol vars kol­jan­der, fyn­ge­kap 100 g (110 ml) bot­ter

Ver­hit oond tot 220 °C. Ver­hit olie in ’n oond­vas­te swaar­boom­ka­strol tot warm. Voeg ui en knof­fel by en roer­braai 2 mi­nu­te. Voeg spe­se­rye by, ver­laag hit­te en roer­braai 5 mi­nu­te – gooi bie­tjie wa­ter by as dit lyk of die spe­se­rye gaan brand. Voeg klap­per­melk en ta­ma­tie­pu­ree by. Ver­hit weer tot kook­punt en plaas hoen­der in die sous. Geur goed met sout en pe­per. Bak 35-40 mi­nu­te on­be­dek of tot gaar. Voeg bot­ter­bo­ne en vars kol­jan­der by en roer deur. Plaas bot­ter bo-op ker­rie en laat s­melt, maar moet dit nie in­meng nie. Sit voor met rys en on­ge­geur­de jo­gurt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.