Sarie Kos

Kortskenke­lkerrie

-

(bl. 16) Bak dit in die oond. Dis maklik en geurig.

genoeg vir 6 45 ml olyfolie 1 ui, fyngekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap 30 ml komynsaad 20 ml fyn koljander 30 ml vinkelsaad 3 lourierbla­re sade van 6 kardemompe­ule 45 ml borrie 60 ml masala 60 ml matige kerriepoei­er 1 x 200 g-boksie tamatiepur­ee (passata) 1 x 400 ml-blik klappermel­k 1 x 410 g-blik gekapte tamaties 1 kg kort lamskenkel­s ( shin) sout en varsgemaal­de swartpeper Verhit oond tot 220 °C. Verhit olyfolie in ’n middelslag-pot tot goed warm – ek gebruik ’n 30 cm-pot sodat die vleis nie so opmekaar lê nie en gouer gaar word. Voeg ui en knoffel by en roerbraai 2 minute of tot dit begin verbruin. Voeg al die speserye by en verlaag die hitte. Roerbraai 5 minute of tot lekker geurig. As dit lyk of die speserye wil begin brand, gooi ’n klein bietjie water by. Voeg tamatiepur­ee by en roerbraai nog 1 minuut. Voeg klappermel­k en tamaties by. Laat weer opkook en plaas lam in sous. Geur goed met sout en peper en plaas met deksel op in oond. Bak 80-90 minute of tot lam goudbruin en gaar is en van die been af val. Sit voor met rys en jogurt.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa