Sarie Kos

Roti stap vir stap

-

1Verdeel deeg in 12 balle. Gebruik jou vingerpunt­e en druk een bal op ’n slag effens platter – begin in die middel van die deegbal en werk na buite.

2Gooi ruim meel op werkvlak en rol elke stuk deeg so dun moontlik uit met ’n rolstok – Anant gebruik ’n spesiale plank en roller wat hy van Indië af bring, maar jy kan dit met jou eie koekroller op jou werkvlak rol. Hoe dunner, hoe beter.

3Verhit kleefvrye pan tot warm en gooi deeg droog in die warm pan. Gebruik houtlepel en skuif deeg heen en weer in die pan tot die roti begin oppof soos op die foto. Hou aan tot hele stuk deeg opgepof het. Draai om en braai nog ’n paar minute tot albei kante goudbruin is.

4Verf warm roti met botter sodra dit uit die pan kom. Vou in helfte en hou warm onder kombuisdoe­k terwyl jy res braai. Sit voor saam met kerrie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa