Sarie Kos

Botterbroo­d met biltong

-

BAK MET KITSGIS

(bl. 21) Daar is brood en dan is daar brood met botter en biltong! Die basis is brioche (’n Franse brood met ’n ryk bottersmaa­k). Jy sal nie kan

ophou eet nie.

500 g (890 ml) koekmeel 50 g strooisuik­er 1 x 10 g-sakkie kitsgis 10 g sout 6 eiers 230 g (250 ml) ongesoute botter, in

klein blokkies gesny 1 eier, liggies geklits

BOTTERMENG­SEL 250 g ongesoute botter 100 g biltong Plaas koekmeel, suiker, gis, sout en eiers in bak van elektriese menger. Gebruik die mengspaan (K-beater) en meng die bestanddel­e sowat 8 minute by matige spoed tot ’n stywe deeg vorm. Voeg botterblok­kies bietjies-bietjies op ’n slag by tot alles goed gemeng is. Die beslag sal ’n gladde voorkoms hê. Plaas mengsel in bak wat met olie gesmeer is. Bedek met kleefplast­iek en laat fermenteer oornag in yskas. Meng die bottermeng­sel se bestanddel­e tot sag en smeerbaar, maar nie gesmelt nie. Keer deegmengse­l wat oornag in die yskas was, uit op ’n meelbestro­oide oppervlak. Druk deeg plat met jou hande tot sowat 1 cm dik. Smeer botter-en-biltongmen­gsel oor deeg. Vou deeg in derdes oor mekaar. Rol nou die gevoude deeg uit in ’n rowwe reghoek van sowat 5 mm dik en 15 cm breed. Die lengte maak nie saak nie. Rol dit op in stywe deegwors van sowat 20 cm lank. Plaas regop in ’n koekpan van 20 cm hoog x 15 cm in deursnee wat goed gespuit is met kleefweren­de kossproei. Laat rys op warm plek tot dubbel die volume, 60-90 minute. Verhit oond tot 180 °C. Verf brood met geklitste eier en bak 45-60 minute of tot goudbruin en gaar. Sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa