Sarie Kos

Kosdinge: Spaar só

Met ’n paar blink planne kan jy 2019 sonder vrees aanpak, want jou beursie gaan voller wees en jou kos goedkoper! Hier is 6 nuttige wenke

- deur HERMAN LENSING

KOOP BESTANDDEL­E IN SEISOEN

Die nommer-eenreël wat ons almal moet volg. Vrugte en groente in seisoen smaak nie net beter nie, dis ook meer bekostigba­ar. En dis goed vir ons planeet, want groente wat buite seisoen beskikbaar is, kom gewoonlik van ver af, wat ’n yslike koolstofvo­etspoor tot gevolg kan hê.

DOEN DIE WERK SELF

Leer ken jou bestanddel­e en verwerk dit eerder self as om reeds verwerkte bestanddel­e te koop. Hoenderpor­sies gaan bv. meer kos as die heel hoender, want iemand het daardie hoender verwerk, verpak en vervoer. Hoe minder prosesse by bestanddel­e betrokke is, hoe goedkoper is dit.

VERMY DIE VERPAKKING

Het jy geweet daardie plastiekof ander soort houer waarin baie produkte verpak word, sorg vir ’n reusedeel van die prys? Kies dus eerder produkte wat jy self weeg en in ’n sakkie pak. Nie net kan jy die beste uitsoek nie, maar jy hoef nie vir die peperduur verpakking te betaal nie.

MINDER BELASTING

Hoor net hier: By Investec kan jy ’n bankrekeni­ng oopmaak waar jy geen belasting op jou belegging betaal nie! Al wat jy moet doen, is om vir 12 maande ’n minimum-bedrag van R30 000 in ’n vastedepos­itorekenin­g te belê – jy kan wel 32 werkdae kennis gee as jy dit vroeër wil onttrek. Besoek www.investec.com vir meer. Gebruik die geld wat jy op belasting spaar om daai droomkombu­is te help bou!

REGTE TYD VIR INKOPIES

Raar maar waar: Die tyd wat jy kies om die winkels in te vaar speel ’n groot rol in jou aankope. Verskeie studies het bv. al aangetoon as jy honger winkel toe gaan, is jy meer geneig is om goed te koop wat jy nie noodwendig nodig het nie.

BEPLAN JOU SPYSKAART

My ma het my al vroeg geleer die beste geldspaart­egniek is om te beplan. Sit een maal per week met jou gesin en bespreek die spyskaart. Kies resepte bv. bolognese wat jou nie net tyd spaar nie, maar wat jy ook vir meer as een maaltyd kan eet. Kyk wat is in seisoen en bestudeer die winskopiep­amflette. Dis wanneer ons impulsief koop dat ons geriefsgoe­dere kies wat duurder kos.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa