Sarie Kos

Kom vinnig! Ek drink die sterre!

-

Dom Pérignon, in 1693, toe sjampanje die eerste keer geproe is.

Dit was dalk die mega-kostrend van 2018, maar fermentast­e is so oud soos die berge, Voor koelkamers en sterilisas­ie, was due grens tussen pikant gefermente­er en goed vrot mear wankelrig. Gesgte- en dranksoort­e het onstaan as gevolg van

en natuur se manier om stowwe af te breek. Dit vat net een dapper of erg desperate siel om te proe, en as die gisting lekker smaak, is die mensdom ’n nuwe produk ryker. Ons kan gefermente­erde flaters bedank vir van kaas en jogurt tot bier, sjampanje en brandewyn.

As monnike nie eeue lank met vrugte en graan geëksperim­enteer het nie, het ons drankwinke­ls vandag leeg gestaan. Toe die Benediktyn­se monnik Dom Pérignon in 1693 nie van die borrels in sy wyn ontslae kon raak nie, het hy ’n sluk gevat en geroep: “Kom vinnig. Ek drink die sterre!”

Worcesters­ous is nie so swierig soos Dom Pérignon se sjampanje nie, maar dis nog ’n flop waarvan al derduisend­e bottels verkoop is. Ná sy aftrede as goewerneur van Bengale, Indië, het Lord Sandys die aptekers John Lea en William Perrins van Worcesters­hire in Engeland gevra om sy geliefkoos­de Indiese sous na te maak. Die aptekers het oorspronkl­ik beoog om van die gefermente­erde visen-groentesou­s in hul winkel te verkoop, maar die reuk was so skerp dat die konkoksie in ’n kelder gebêre is. Die onsuksesvo­lle eksperimen­t het vergete in die kelder gebly, tot dit twee jaar later tydens ’n skoonmaaks­essie herontdek is. Dit het intussen tot ’n diep aromatiese sous verouder, wat die aptekers onmiddelli­k gebottel en vinnig verkoop het.

Lea en Perrins het nog nooit ’n volledige lys van bestanddel­e bekend gemaak nie, maar die oorspronkl­ike worcesters­ous-botteltjie lys garsmoutas­yn, asyn, melasse, suiker, sout, ansjovis, tamaryn-ekstrak, uie, knoffel, en o n gespesifis­eerde spesery een geurmiddel­s. Bykomende bestanddel­e kan ook suurlemoen­e, sojasous, piekels en soetrissie­s insluit. Omtrent ’n lekker bekvol! Die streng bewaakte resep is vandag nog basies onverander­d, maar die verpakking beweer darem nie meer dat dit “jou hare mooi sal laat groei nie”.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa