Gesonde viskoekies
Vis hoort op elke gesondheids bewuste se spyskaart, veral oor die omega 3. Dis selfs moontlik dat die verhoogde inname van veral vetterige vis en skulpvis ’n belangrike rol in die evolusie van die menslike brein
gespeel het
Anders as die plantaardige bronne, is omega 3-vette in dierlike bronne dadelik beskikbaar vir absorpsie in die brein. Dis juis in die brein waar dit ’n belangrike rol speel in die produksie van brein-oordragstowwe, maar ook die brein help beskerm teen moontlike skade. Omega 3 speel voorts ’n rol in alle toestande wat die senustelsel en brein betrek, soos depressie, Alzheimer-siekte en leer- en gedragsprobleme by kinders. Dis ook ’n kritieke deel van algehele gesondheid.
Selfs witvis (m.a.w. nie-vetterige vis) bevat omega 3-vette – weliswaar in kleiner hoeveelhede as by vetterige vissoorte. Voorts bevat vis min versadigde vette en is dit ’n goeie bron van proteïene, ’n verskeidenheid vitamiene – veral vitamien B-kompleks – en minerale soos sink, magnesium en kalsium (laasgenoemde veral in die beentjies wat in geblikte vis eetbaar is). Vetterige vis is boonop die beste voedselbron van vitamien D (waarvan die son die beste bron is), volgens Mariza.
Interessant: Die aanvanklike groot stap in menslike evolusie was toe ons oer-grootjies die bosse verlaat en hulle op die beboste walle van groot brakwatermere en riviermondings gevestig het, wat nou die Oos-Afrika sinkdal is. Skulpe en koplose, seebaber-geraamtes is bewys dat hulle die maklik beskikbare proteïene (en terloops, omega 3-vette), ten volle benut het, volgens Stephen C. Cunnane in sy boek Survival of the Fattest (World Scientific Pub Co Inc, 2005). Die hominiede brein het omtrent dieselfde tyd begin groei en die menslike intellek het daarna met rasse skrede ontwikkel.
Vis soos haai en geblikte tuna kan ’n bron van giftige kwik wees weens hul grootte. Eet eerder jong stokvis of klein sardientjies, veral as jy bv. swanger is, sê Mariza.
En visolie-aanvullings? Daaroor moet die jurie nog beslis. ’n Oorsig van 79 studies verlede jaar deur die Amerikaanse Cochrane Library (www.cochrane.org), het byvoorbeeld geen voordeel van sulke aanvullings vir hartgesondheid, of ’n verminderde risiko vir beroerte of dood weens enige oorsaak gevind nie. >
is een van dié gonswoorde in die gesondheid sbedryf, grootliks vanweë die“tower ”- bestanddeel omega 3-vetsure. Studies wat die gesondheidsvoordele daarvan uitlig, is talryk. Dis belangrik vir jou brein se ontwikkeling en werking – waar dit in hoë konsentrasies voorkom. Dit help kinders leer en konsentreer en kan simptome vir sommige met aandag- tekort-hiperaktiwiteit sindroom( ATHS) verlig. Kry jy nie genoeg in nie, is jou risiko vir depressie boonop groter.
Sekere vette, omega 3 en 6, is essensieel vir goeie gesondheid, maar jou liggaam kan dit nie self maak nie. Jy moet dit deur jou dieet inkry. Daar is egter hopeloos te veel omega 6, in verhouding met omega 3, in ons dieet. Bronne van omega 6 is veral margarien en sonneblomolie. Maar ook die meeste diereprodukte, veral as hul dieet grootliks bestaan uit veevoer – nie gras en bossies nie, verduidelik Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige van die Paarl.
Omega 3, daarenteen, is hoofsaaklik afkomstig van vetterige vis soos salm, sardientjies, makriel, snoek en, tot ’n mindere mate, vryloop-diere en wildsvleis. Plantaardige bronne is vlassaad en okkerneute. Baie mense se liggaam kan egter nie die plantaardige omega 3-vette doeltreffend gebruik nie. Hulle moet dit uit dierlike bronne kry.
’n Wanbalans in die verhouding omega 3 en 6 blokkeer as ’t ware jou liggaam se eie anti-inflammatoriese vermoëns – en dus jou vermoë om teen inflammasie te veg. Die rooi waar ’n insek jou gebyt het, of jou geswelde, seer litte, is voorbeelde van jou liggaam wat ’n vreemde indringer “aanval”, of van ’n inflammatoriese reaksie.
Sulke inflammatoriese “snellers” is talryk, bv. stres, verfynde koolhidrate, vette (versadig en onversadig), asook vet om jou middellyf. Chroniese inflammasie (jou liggaam verloor beheer om self inflammasie te beveg) dra by tot o. m. insulien weerstand i g hei d, oorgewig en diabetes. Ander toestande waarby inflammasie en ’n wanbalans van vette in jou dieet ’n rol kan speel, is o.m. depressie, Alzheimer-siekte, kanker en hartsiektes, volgens Mariza.
Vis