Pampoenbredie met skaap­ster­tjies

Sarie Kos - - Lesersinspirasie -

Jin­ne, sy kán kook. Sy het vir ons ’n wa­re Son­dag­mid­dag­e­te ge­kook: lams­boud, aar­tap­pels, soet­pa­tats, pampoenbredie, rys­slaai met ko­rin­te,

en kar­ring­melk­poe­ding met bran­de­wyn­sous

Herman

45 ml o­lyf­o­lie 2 kg lams­rib­be­tjie, in stuk­ke ge­sny 1 kg skaap­ster­tjies, skoon­ge­maak 4 groot uie, grof­ge­kap vars­ge­maal­de sout en wit­pe­per na smaak 6 me­di­um-aar­tap­pels, ge­skil 1 vars jong pam­poen (kan boer­pam­poen of Hub­bard wees, eer­ste van die sei­soen) 1 heel vars neut ( nut­meg)

(bl. 52) Só moet bre­die mos smaak! Jy sal nie ge­noeg kan kry nie. Dis eer­li­ke kos son­der te veel goed­jies.

ge­noeg vir 6-8

Ver­hit o­lyf­o­lie tot warm in swaar­boom-ka­strol en braai rib­be­tjie-stuk­ke tot goud­bruin. Haal uit pot en hou een­kant. Braai skaap­ster­tjies in die­self­de pot tot goud­bruin. Haal uit pot en gooi vet af. Ver­hit pot weer tot warm en braai uie tot goud­bruin. Haal uit pot. Pak ge­braai­de stert­jies in ’n laag on­der­in pot, ge­volg deur ’n laag lams­rib­be­tjie en laas­te ’n laag uie. Geur goed met sout en pe­per. Gooi 500 ml wa­ter by pot en maak toe. Laat sto­we oor lae hit­te tot vleis sag en gaar is – so­wat 2 uur. Gooi nou en dan nog wa­ter by as dit lyk of wa­ter weg­kook. Voeg aar­tap­pels by. Skil pam­poen en sny in blok­kies. Pak bo-op gaar vleis en ras­per neut oor – lek­ker ruim. Maak pot toe en sto­we ver­der tot aar­tap­pels en pam­poen sag is en lek­ker bre­die ge­vorm het. Sit voor met rys en by­ge­reg­te soos in­ge­leg­de beet of ta­ma­tie-en-ui-slaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.