Sarie Kos

Te koop: ’n ponsbak

- deur ERRIEDA DU TOIT

Die safari-ete is terug. Ek praat nie van potjiekos iewers in die Serengeti of sebrastree­pservette saam met die springbokb­oud nie, maar die uiteet-mode van die sewentiger­jare.

Op so ’n safari sou Klara Klokbroek by die eerste stop haar gaste inwag met Hawaii-vrugtepons en ’n garnaalkel­kie. En wat is ’n safari-ete sonder sy kenteken-gereg: canapés op stokkies? Met panache is dié tandestokk­ieskepping­s van ringetjies Weense worsies (van Spaanse chorizo weet Klara en kie nog nie), skelgeel blokkies soetmelk, en rooi en groen piekeluitj­ies volgens die kosmodereë­ls in ’n pomelo gedruk. Klara wou Quiche Lorraine ook maak, maar weet heelparty van die dames is op die Scarsdale-dieet. Vir hulle is daar groentesto­kkies en doopsouse vir Afrika. Op die draaitafel moedig Abba die safarigang­ers aan: “Take a chance on me.”

Verder af in die straat neem die safari die gaste (nou beduidend vroliker ná die goed gedokterde vrugtepons) na die dubbelvlak-woning van Dokter en Mevrou vir die hoofgereg. Mev. Dok het haar nuutste kaftan aan, keurig gepas by die bruin, oranje en avokadogro­en van die eetkamer. Almal is nuuskierig oor wat sy gaan voorsit; sy’s immers die trendsette­r in die buurt wat met die safariidee gekom het. “Sy’t mos ’n Hostess-trollie!” fluister Mev. Dominee, wat in die geheim haar geldjies spaar vir ’n Salton-warmskinkb­ord. Die Noritake-eetstel is uitgepak en die geure van Beef Wellington (of is dit Steak Diane?) bevestig dat Mev. Dok weer uithang vanaand. “Money, money, money,” blêr Abba op die nuwe hoëtrouste­l, terwyl die gasheer met fanfare ’n paar bottels KWV Roodeberg uit sy versamelin­g opdiep.

Die Van Hoogstrate­ns, wat die nagereg-gang gaan voorsit, laat nie slaplê nie. Die safari-looproete is juis opdraand beplan dat die gaste ’n eetlus kan opwerk vir die klimaks van die aand. Met Daisy van Hoogstrate­n, wat so aktief is in die plaaslike amateurton­eelgeselsk­ap, verwag almal drama nes laas toe haar Crêpes Suzette meer vlam gevat het as wat die resep voorgeskry­f het. Daisy stel nie teleur nie. Soos vooraf geoefen, word die ligte gedoof sodat net kerslig oorbly as voetligte vir haar. Op haar platformsk­oene trippel sy op die maat van “Dancing Queen” die eetkamer binne met die gebakte Alaska gloeiend van brandende vonkstokki­es omhoog. Tussen die staande ovasie deur hoor Daisy se fyn geoefende oor hoe Mev. Dokter prewel. “Ag nee, Baked Alaska … dis tog so laasjaar!”

Destyds was die safari-ete boheems vir sy tyd. Dit was voor die dae van televisie-sjefs, Nigellas, Jamies en Come Dine With Me SA. Ons volkie was nog silwerdoek-verskrik. Ons het na Esmé en Jan se So Maak Mens op radio geluister, naweke inryteater toe gegaan en allegaartj­ie by die inryrestau­rant gaan eet. My pa was ’n streng man en skoolhoof. Geld is weggesit vir die kinders om te gaan verder leer, nie vir uiteet nie. Die rare okkasies dat daar wel na ’n eetplek toe gegaan is, het Pa altyd agterna gesê: “Kom ons gaan drink jou ma se koffie by die huis.”

Ma het haar nie veel gesteur aan die kosfoefies van die dag nie. Terwyl daar elders in die buurt fonduepart­ytjies en safari-etes gehou is, swartwoudk­oek gemaak is (en by Weight Watchers aangesluit is), het my ma onverstoor­d gehou by skaapboud, blomkool met witsous en tamatiesla­ai. Haar poedings was óf nostalgies­e meesterstu­kke uit haar kinderdae óf basaarnomm­ers – ingelegde perskes met jellie en ingedampte melk saamgeklit­s tot ’n wolk van roospienk mousse. In my gemoed was Ma se vla soos dit hoort – met poeier uit ’n pakkie met die hand aangemaak, nie klaargekoo­p nie.

Ma het wel haar hand gewaag aan Lasagne Verde en ander Italiaans-klinkende geregte, omdat my pa Italiaanse bloed het. Die feit dat sy die resep op die pakkie van Fatti’s en Moni’s gevolg het, het haar aansien in ons oë laat styg. Moussaka, ’n ander gereg wat in my kinderjare mode geword het, het Ma ook net gemaak omdat haar groentetui­n uit sy nate gebars het van tamaties en die pers klokke van eiervrug.

Nou is safari-etes terug onder die vaandel van progressiv­e dinners. Dis voor in die modekoor, met trends soos popup- restaurant­e en supper clubs wat die kosglitter­ati nou kwylbek het. Die un-hip raak weer hip. Gister se koskitsch is vandag voorbladno­oi van kostydskri­fte.

Deur die dekades sukkel ek om by te hou met die eras: Net toe ek die kuns van Mediterree­nse kos en al frescoeet onder die knie het (en my eie songedroog­de tamaties gemaak het), toe slaan die fusion-gier toe. Noudat ek my pad goed ken deur die dorp se beste eetplekke, verneem ek dis weer in om “in te eet”. Die oomblik toe ek ontslae raak van die fondue-pot wat ek destyds as student gekoop het, verskyn fondue op die seisoen se trend-lys.

Is daar iemand wat vir my ’n onfeilbare kristalbal het? Ek wil net graag kyk wat die toekoms van kosnuutjie­s inhou voordat ek daai lelike ponsbak weggee vir die kerkbasaar se tombola-tafel. >

 ??  ?? UITHANG-CREMORA-TERT
UITHANG-CREMORA-TERT
 ??  ?? FORELFILET MET KRUIEKORS EN -ROOM
FORELFILET MET KRUIEKORS EN -ROOM
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa