Sarie Kos

Springmiel­ie-cannoli

-

(bl. 28) ’n Klassieke Italiaanse nagereg uit Sicilië. Die koekiedeeg word gebraai om spesiale metaalpypi­es, maar as jy nie die pypies kan kry nie, kan jy ook cannoli-pastabuise gebruik. genoeg vir 8-10

KOEKIES 160 g (280 ml) koekmeel 45 ml strooisuik­er 3 ml kaneel 3 ml sout 90 ml wit portwyn 45 ml botter, gesmelt

ROOMVULSEL 300 ml melk 100 g karamelspr­ingmielies 3 eiergele 60 ml bruinsuike­r 45 ml koekmeel olie vir diepbraai 1 groot eierwit, liggies geklits 250 ml room >

Meng bestanddel­e vir koekiedeeg. Laat rus deeg in yskas terwyl jy vulsel maak. Bring melk en helfte van springmiel­ies tot kookpunt. Skakel hitte af en laat staan 5 minute. Gooi melk deur sif om mielies te verwyder (gooi mielies weg). Klits eiergele, suiker en meel saam tot gladde pasta vorm. Gooi pasta saam met melk terug in pot en klits oor lae hitte. Verhoog hitte en roer tot mengsel dik en gaar is (soos witsous). Verwyder van hitte, plaas bakpapier direk op mengsel en laat afkoel. Verhit olie in groot pot tot warm. Breek okkerneutg­rootte stukkies van koekiedeeg af en rol papierdun sirkels uit op meelbestro­oide werkvlak. Draai deegsirkel­s om metaalpypi­es van 1,5 cm in deursnee en 5 cm lank. Plak los punte vas met eierwit. Diepvetbra­ai 2-3 minute tot goudbruin. Dreineer gebraaide cannoli op kombuispap­ier en verwyder versigtig van metaalpype. Klits room styf en vou by vulselmeng­sel in. Skep in spuitsak en vul cannoli daarmee. Sit voor met oorblywend­e springmiel­ies en ’n strooisel versiersui­ker.

Springmiel­iesjokolad­etert

(bl. 29) ’n Tikkie sout op donkersjok­olade is altyd heerlik, soos in hierdie tert, waar ek gesoute springmiel­ies op die vulsel gooi voor dit stol. Dit sorg ook vir lekker tekstuur. genoeg vir 1 tert

30 ml sonneblomo­lie 115 g (125 ml) springmiel­iepitte varsgemaal­de seesout 200 g klapperkoe­kies ( Tennis biscuits), fyngemaak 100 g (110 ml) botter, gesmelt 200 g donkersjok­olade, fyngekap 180 ml room 40 g (45 ml) botter

Plaas olie en pitte in groot pot met deksel. Plaas oor hoë hitte en laat pitte spring. Verwyder van hitte en geur mielies goed met seesout. Meng koekiekrum­mels en 100 g botter saam tot tekstuur van klam seesand. Spuit ’n 22 cm-losboom-tertpan goed met kleefweren­de kossproei. Voer pan uit met krummels. Plaas sjokolade, room en 40 g botter in glasbak wat oor pot met kookwater pas. Roer tot gesmelt. Gooi in uitgevoerd­e pan en smeer gelyk. Pak springmiel­ies bo-op en laat stol 2 uur of oornag in yskas. Haal uit pan en sit voor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa