Sarie Kos

Varknek met heuninggla­suursel

-

(bl. 41) Ek het dié resep op Inspirasie­kos met SARIE (Via kanaal 147) gemaak en soveel reaksie gekry dat ek dit hier ook deel. genoeg vir 8

6 varkworsie­s met kruie in 6 salieblare, fyngekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap sout en varsgemaal­de swartpeper 1,5 kg ontbeende varknek 300 g vars aspersies 30 repies gerookte strepiespe­k 350 ml nartjie- of lemoensap 60 ml heuning 4 naeltjies 250 ml soet mosterdsou­s vir voorsit

Meng vleis van varkworsie­s, salieblare en knoffel. Geur goed met sout en peper. Plaas varknek op werkvlak. Sny met kort bewegings horisontaa­l deur die vleis – die twee helftes moet min of meer ewe dik wees. Stop voor jy heeltemal deur die nek sny en vou die vleis oop soos ’n skoenlappe­r wat sy vlerke sprei. (Jy butterfly die vleis.) Skep worsmengse­l op die vleis en pak aspersies in middel. Rol stewig op in worsvorm. Draai toe met spekrepe. Maak hele rol toe in kleefplast­iek en dan in foelie. Kook water in ’n pot en plaas rol in pot. Kook 30 minute vir elke 500 g, maar trek 30 minute van die kooktyd af om ruimte te laat vir die oondbraai. (Ons snit het 2 uur gekook en 30 minute gebraai.) Verhit oond tot 180 °C. Meng sap, heuning en naeltjies. Haal varkrol uit water, verwyder foelie en plastiek en plaas in oondbraaip­an. Skep nartjiemen­gsel oor en plaas in oond. Braai stadig en skep nou en dan van die pansous oor, tot mooi goudbruin. Sit warm voor met soet mosterdsou­s van jou keuse.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa