Sarie Kos

MA SE KOMBUIS

Daar is niks op hierdie aarde wat naby die liefde van jou ma kom nie. Sy gee altyd alles, laat jou veilig voel as iets pla. Sy gee om en sy troos. Haar kombuis is haar spreekkame­r en haar kos die terapie vir enige kwaal …

- deur HERMAN LENSING foto’s MICHAEL LE GRANGE

HANNES VAN WYK

van kykNET Kwêla As ek aan my ma, Mariet van Wyk, se kombuis dink, proe ek dadelik … melktert. My ma sê altyd sy is nie ’n bakker is nie, maar ek verskil beslis … Ek het al baie tuisgemaak­te melktert en sjokoladek­oeke van bobaasbakk­ers en sjefs geëet (insluitend Herman Lensing), maar niks kom by Mariet van Wyk van Aliwal-Noord se melktert nie. Op 84 kan almal by haar ’n les of twee leer. Wat is jou ma se reëls vir Sondagmidd­agete? 1. As die kos gereed is om opgeskep te word en jy word tafel toe geroep … KOM!! Sit aan en skep … Moenie draal nie. 2. Gekookte kos met rys, vleis (gewoonlik boud) en aartappels. Altyd ’n groen en ’n geel groente. 3. Skottelgoe­d word altyd gewas voor

die middagslap­ie. 4. Sondagaand word daar nie kos ge

maak nie … Die oorskiet word geëet. Geen kombuis mag ooit sonder liefde en botter wees nie. As jou ma ’n gereg was, wat sou sy wees en hoekom? Sjokoladek­oek met baie tekstuur … Op 84 is my ma nog steeds vol skakerings van liefde, omgee en wysheid. Wat is jou gunsteling-kos? My ma se kos en braaivleis … ook beesstert. Watter geure laat jou aan jou ma dink? Vanielje en nartjies. As jy vir jou ma kan kook om dankie te sê, wat sal op die spyskaart wees? O, hemel … EK KAN NIE KOOK NIE … Sy sal maar tevrede moet wees met ’n heerlike toebroodji­e. Ek is baie goed met toast en eiers maak. Sy sal my vergewe omdat sy so lief is vir my. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO Pierre Greeff, Die Heuwels Fantasties LINKS Dean Smith van kykNET Suidooster
BO Pierre Greeff, Die Heuwels Fantasties LINKS Dean Smith van kykNET Suidooster
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Danie du Toit van Spoegwolf
Danie du Toit van Spoegwolf
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa