Sarie Kos

Sjokoladet­arte

-

(bl. 89) Die heel maklikste resep. Ek het dit op kosblogger David Lebovitz se blog gekry. genoeg vir 1

290 g sjokolade, in stukke gebreek 200 g botter, koud of teen kamertempe­ratuur, in blokkies gesny 5 groot eiers, teen kamertempe­ratuur 150 g bruin- of strooisuik­er 1 e brandewyn onversoete kakaopoeie­r, om in die pan te strooi crème fraîche of ’n karamelsou­s, om voor te sit

Voorverhit die oond tot 175 °C. Smelt die sjokolade en botter in ’n dubbelkoke­r. Roer tot alles gesmelt en glad is. Haal van die stoof af. In ’n mengbak, klits die eiers, suiker en brandewyn saam. Voeg die sjokoladem­engsel by. Die belangriks­te deel van die resep is die bak van die tarte. Smeer ’n 23 cm-losboompan met botter. Sprinkel die kakaopoeie­r oor die boom van die pan en skud sodat die hele pan bedek word. Die onderste gedeelte van die pan moet met verskeie lae foelie toegemaak word om te verseker dat water nie tydens die bakproses in die koekpan kom nie. Maak seker dat die foelie die onderkant en die kante van die pan bedek. Sodra die mengsel in die pan is, maak ook die bokant van die pan met foelie toe. Sit die koekpan met die mengsel in ’n groot oondpan met genoeg warm water om die helfte van die koekpan te bedek. Bak vir 75 minute. Dan, in David se woorde: “It should feel just set in the middle, like quivering chocolate pudding. If you gently touch the centre, your finger should come away almost clean.” Laat afkoel en bedien met crème fraîche of ’n karamelsou­s. Die tarte kan 3 tot 5 dae in die yskas gehou word. Maak goed toe met foelie. Hoe langer dit staan, hoe lekkerder word dit!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa