Sarie Kos

T-been-steak met Caesar-slaai

-

(bl. 59) As jy hou van goedgaar vleis, maak dit só – solank jy lekker eet! genoeg vir 6

60 ml olyfolie 3 knoffelhui­sies, fyngekap 2 rooi brandrissi­es, fyngekap hand vol Italiaanse pietersiel­ie, gekap 6 T-been-steaks sout en varsgemaal­de swartpeper

SLAAI 100 ml mayonnaise 100 ml ongegeurde jogurt sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen 2 ansjovisfi­lette 50 g parmesaan-kaas, gerasper 1 kop langblaars­laai (cos), in stukke gebreek

Meng olyfolie, knoffel, rissies en pietersiel­ie. Verhit riffelpan tot rook letterlik uit pan trek. Smeer lepels vol van oliemengse­l oor elke steak. Geur goed met sout en peper. Plaas steaks in warm pan en braai sowat 5 minute per kant vir medium-rou of langer, soos jy verkies. Draai steaks op die rugkant sodat die vetlaag ook braai (gebruik ’n braaitang om dit regop te hou). Haal warm pan van hitte af en laat steak 5 minute in pan rus terwyl jy die slaai maak. Plaas al die slaaibesta­nddele behalwe die slaaiblare in voedselver­werker en pols by hoë spoed tot gladde sous vorm. Plaas slaaiblare in slaaibak en gooi sous oor. Maak seker blare is goed bedek met sous. Sit gebraaide steaks voor met slaai .

WENK

Meng ekstra brandrissi­e en olyfolie en sprinkel oor steak net voor jy dit voorsit vir ekstra smaak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa