Sarie Kos

BESSIE KOPKRAPPER­S

-

Het jy geweet?

“Groen” swartbessi­es is eintlik rooi – nie groen soos die meeste vrugte voor hulle ryp word en hul natuurlike kleur kry nie. Die swart kom later. Rose (en aarbeie) is rooi. En albei behoort aan die familie Rosaceae, ook bekend as die blommende plantfamil­ie. Baie van die genera is eetbare vrugte, soos appels, pruime en ja, ook swartbessi­es en frambose. Hoofpyn? Wat van ’n aarbei? Dit bevat natuurlike salisilaat, ook ’n bestanddee­l van aspirien. Bessies bevat ook kwersetien, wat antihistam­ien-eienskappe het. Eet meer bessies en dit kan dalk selfs allergie-verwante simptome verminder. Daardie klein, geel stippeltji­es aan die buitekant van aarbeie is nie eintlik saad nie. Dis die plant se vrugbegins­el en word akene (dopvrugte) genoem. Botaniste beskou dit as afsonderli­ke, klein vruggies. Frambose is nie altyd rooi nie. Ook geel, pers, goud of swart, ja. Die goues is glo die soetste. Anders as ander vrugte, word frambose nie ryp nadat dit gepluk is nie. Pluk hul dus op hul heel beste: plomp en sappig aan die plant. Bloubessie­s is ’n natuurlike kleurstof. As jy ’n lewendige, pers kleur soek vir jou bakeskapad­es en die sintetiese produk haat, probeer dit. Bessies is goed vir breingeson­dheid. Dit verminder o.m. inflammasi­e en help beskerm breinselle teen vry radikale. En nee vir dié een: Bosbessies­ap gaan nie ’n urienwegon­tsteking help genees nie. Probeer eerder kapsules met groot hoeveelhed­e van die aktiewe bestanddee­l daarin, A-tipe proantosia­nidien.

Bronne Mariza van Zyl, www.driscolls.com.au, homeguides.sfgate.com, saga.co.uk, health24.com >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa