Sarie Kos

Vars, of gevries, dis pure gesondheid

-

Dit bevat antioksida­nte, wat help om vry radikale te beheer. Dis nou molekules wat selle kan beskadig. Bloubessie­s, swartbessi­es en frambose het inderdaad meer antioksida­nte as enige ander vrug wat gereeld geëet word, behalwe granate, volgens ’n Amerikaans­e studie. Bessies kan dalk bloedsuike­rvlakke en insulien

weerstandi­gheid help verbeter as dit saam met koolhidraa­tryke kosse geëet of by smoothies gevoeg word. Dit bevat baie vesel, wat jou aptyt kan help verminder en dus die aantal kJ’s kan verminder wat jy inneem. Dis dalk laag in kJ, maar ryk aan verskeie vitamiene en minerale, veral vitamien C en mangaan. Die antioksida­nte help om inflammasi­e te beveg. Oorgewig mense wat ’n aarbei-drankie saam met ’n hoë-kJ-hoëvet-maaltyd neem, se inflammasi­e-merkers in die bloed verminder beduidend meer teenoor die groep wie se drankie sonder aarbeie is, het ’n studie in die British Journal of Nutrition bevind. Dit kan help om die risiko vir hartsiekte en ander gesondheid­sprobleme te verminder. Bessies is ook goed vir jou vel en kan dalk selfs help om plooie te verminder. Dit maak sin, aangesien antioksida­nte vry radikale help beheer, een van die hoofoorsak­e van velskade wat tot verouderin­g bydra. Verskeie antioksida­nte in bessies, insluitend ellagiensu­ur, resveratro­l en antosianie­n, kan jou dalk selfs teen kanker help beskerm. Dit verminder merkers geassosiee­r met die groei van kankergewa­sse (by diere en mense), is bevind. Dit kan help om cholestero­lvlakke by vetsugtige mense te verlaag. En verbeter byvoorbeel­d die werking van sowel gesonde mense as dié met metabolies­e sindroom en rokers se slagare, het verskeie studies bevind. >

Bronne: Mariza van Zyl, geregistre­erde dieetkundi­ge (www.bettereat. net), www.healthline.com, nutritiond­ata.self.com, webmd.com

 ??  ?? OONDGEBAKT­E HOENDER MET BESSIESOUS
OONDGEBAKT­E HOENDER MET BESSIESOUS
 ??  ??
 ??  ?? HOENDERLEW­ERPATEE MET BESSIEBOTT­ER
HOENDERLEW­ERPATEE MET BESSIEBOTT­ER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa