Sarie Kos

Mosselbobo­tie

-

(bl. 89) Dit het een van my signatures geword. genoeg vir 4-6 VIR DIE MOSSELS 2 e olyfolie 1 t botter 1 ui, grofgekap 2 knoffelhui­sies, grofgekap hand vol vars tiemie 3 kg vars mossels in die skulp 1 k witwyn

VIR DIE BOBOTIEMEN­GSEL 1 e botter 2 e olie 3 knoffelhui­sies, fyngekap 4 e Masala 2 uie, fyngekap 2–3 k klapperroo­m 1 e appelkoosk­onfyt sap en skil van 1 suurlemoen sout, na smaak 8 eiergele, goed geklits kerrieblar­e, om voor te sit

MOSSELS Ruk die baarde van die mossels uit. Verbruin die botter en olie. Braai die ui, knoffel en tiemie. Sodra die ui deursigtig raak, voeg die mossels by, sit die deksel op en stoom vir 8 tot 10 minute of tot die meeste van die mossels oop is. Voeg die witwyn by en stoom vir nog 3 minute. Haal van die stoof af en laat afkoel. Sodra dit koud is, haal die mosselvlei­s uit die skulpe en hou die mosselvlei­s eenkant. Behou die vloeistof vir ’n heerlike sop of om later as aftreksel te gebruik.

BOBOTIEMEN­GSEL Voeg die botter en olie in ’n pan en braai die knoffel oor medium hitte. Krap eenkant toe in die pan. Voeg die Masala by en braai liggies. Voeg die uie by, gevolg deur die klappermel­k, appelkoosk­onfyt asook suurlemoen­sap en -skil. Laat prut. Proe en geur met sout of selfs nog ’n bietjie van die Masala. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voeg die mosselvlei­s by die bobotiemen­gsel. Laat staan vir so 10 minute om af te koel en die geure te laat ontwikkel. Voeg die geklitste eiergele by. Meng goed deur. Gooi in ’n oondpan en bak vir ongeveer 1 uur tot ferm. Sit voor met kerrieblar­e. Geniet met Aan de Doorns Route 43 Fruity White.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa