Sarie Kos

NOU TOE NOU

-

Soetgoed help jou glo om ’n maaltyd te onthou. Dit is hoekom ons ’n ete met nagereg afsluit. Suiker vir die pyn … Soetgoed verminder die pynsensasi­e. Indien jy raserige eetplekke vermy om jou ore te spaar, neem kennis – dis dalk omdat jy jou kos ordentlik wil proe. Gehoor speel ’n rol in smaak. Hoe meer geraas, hoe minder kan jy proe. Navorsers het bevind vliegtuigp­assasiers het verminderd­e soet-reseptore en versterkte umami-reseptore. My ousus kla “vliegtuigk­os is te sout”, maar dis omdat die meerderhei­d dit só verkies. Lufthansa bevestig hul passasiers bestel byna soveel tamatiesap as bier tydens vlugte. En dis Duitsers! Aromas kan ’n geliefde kosherinne­ring oproep – Ouma se varsgebakt­e melktert of die koue turksvye van ’n sorgelose jeug. Benewens reuk, streef die molekulêre gastronomi­e van sjefs soos Heston Blumenthal om kleur, klank en tekstuur met smaak te verweef. Want ’n stukkie vis proe mos lekkerder as die klank van branders oor jou bord breek. Smaakknopp­ies kan tydelik gefnuik word. Sekere stowwe tas smaakresep­tore aan, soos die chemikalie natrium-lauretsulf­aat in tandepasta wat soetresept­ore onderdruk, nes die sinarien ( cynarin) in ’n artisjok. Tot jy jou reseptore met ’n slukkie water afspoel en weer behoorlik kan proe. ’n Studie het bevind rokers het ’n verlaagde kapasiteit om bitterheid te proe, maar nie soet, suur, sout en umami nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa