Sarie Kos

KOEKTANNIE VAN VIA 30 KG LIGTER

Mareli se dieet + resep vir haar ketobrood

- produksie HERMAN LENSING foto’s MICHAEL LE GRANGE teks LYDIA VAN DER MERWE klere MAGDEL MULLER grimering INGE HEWITT

Daar is deesdae ekstra wip in Mareli Visser se grys Tintin-kuifie. Haar energievla­kke ken geen perke nie. Man, sy is vyfuur soggens in die gimnasium.

En 30 kg ligter. Mense op straat kyk, kyk weer ... en besluit nee, sy lýk maar net bekend. So vaagweg na Mareli, boorling van Douglas in die NoordKaap. Die wenner van kykNET se eerste Koekedoor- reeks en bobaasbakk­er van die Via-bakprogram Die Koektannie.

Koek se soet vreugdes is waarvoor sy bekend is, maar self sit sy nie meer haar mond daaraan nie. Sy besing eerder die voordele van die ketogenies­e (keto-) eetplan: ’n Hoëvet-dieet met bloedmin koolhidrat­e (minder as 20 g), dus suiker en stysel.

“Op 6 Februarie verlede jaar het ons teruggekom van ’n vakansie in Amerika, ook ’n week lange vaart op ’n skip. Ek het die skaal op 101,2 kg vasgetrap, swaarder as toe ek swanger was met Mila, 12, en Cilliers, 16. Ek hét vantevore gewig probeer verloor. Dié keer was my kop egter reg. Jy moet ’n wilsbeslui­t neem, daarsonder kan geen pil of poeier jou help nie.

“Ek het weggesprin­g met die Slender Wonder-dieet en binne drie maande 15 kg afgeskud. Die geld wat ek moes opdok, het my gemotiveer om vas te byt. In Mei verlede jaar >

het ons die derde reeks van Die Koektannie verfilm, ek was op ’n Franse kostoer en het die wintervaka­nsie saam met my gesin geniet. In dié tyd het ek nie die inspuiting­s gekry en pille gedrink wat deel van Slender Wonder is nie, maar gelet op wat ek eet en net 2 kg aangesit. Intussen het ek van keto gehoor en van die idee gehou. Dis natuurlik, sonder inspuiting­s en pille. Boonop nie voorskrift­elik nie, ek word nie voorgesê wat ek met elke maaltyd moet eet nie. As ek lus is vir steak, maak ek dit gaar.

“Op 17 Julie spring ek toe daarmee weg. Daar is verskillen­de benadering­s en ek volg dr. Eric Berg s’n (kyk sy video’s op YouTube). Ek eet twee etes en vas 16-18 ure per dag (onderbroke vas of intermitte­nt fasting), drink dan net water, swart koffie, tee en rooibostee.

“My vas begin seweuur saans en ek breek dit so halftwee die volgende middag, wanneer die kinders uit die skool kom. Dis glad nie so erg nie. My gesin eet nes ek, die kinders is tieners, nie kleintjies wat kla as daar broccoli op hul bord is nie. ’n Maaltyd bestaan uit sowat vier koppies groen groente (sien kassie) en 100 g vleis, met die vet aan.

“Dis baie kos, soms moet jy jouself dwing om jou bord leeg te maak. Saans probeer ek bietjie meer vet bysit, want die vas lê voor. (Vet hou jou langer versadig.) Ek probeer seweuur daarmee begin, maar wanneer ek uitgaan, verander dinge bietjie.

“Ja, ek’s die Koektannie, maar het nooit ’n suikertand gehad nie, was nooit ’n koeketer nie. Ek hou egter van baie kos, ek wil eet tot ek bars. En met keto moet jy juis jou bord vol laai.

“My broers boer in die omgewing en my familie is baie sosiaal. Die swaarste is dat ek geen wyn kan drink nie. As ek ’n naweek van die wa afval, klim ek Maandag maar net weer op. Hier by ons is daar nie juis groen slaaie by die braai nie. Ek skep in wat daar is, of eet my groente by die huis en net vleis by die braai. As jy honger daar aankom, verorber jy als wat voorkom, veral met ’n glas wyn in die hand.

“Nie net ek in ons familie eet só nie. My broer en skoonsuste­r, Jaco en Johanet, neem byvoorbeel­d deel aan ysterman-kompetisie­s. Hulle wil ligter wees om hul prestasie te verbeter.

“Wanneer ek my mikpunt van 65-67 kg bereik, gaan ek waarskynli­k in die week steeds só eet en naweke wat ek wil. Keto is volhoubaar, ek kry myself nie jammer en wens dis nou klaar nie ...”

“Net ’n smeersel botter en haar keto-brood

Die Koektannie kán bak, al is dit sonder suiker en meel!”

HERMAN

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa