Sarie Kos

Die krag van bessies

Dis die een ding wat feitlik alle diëte toelaat. Laag in kJ’s en propvol van alles wat goed is. Heilsame bessies ...

-

deur HERMAN LENSING foto’s MICHAEL LE GRANGE teks LYDIA VAN DER MERWE, GESONDHEID­SREDAKTEUR

’n Aarbei is nie regtig een nie. Ook nie framboos

en brame nie. Dis nou bessies. Bloubessie­s en bosbessies ( cranberrie­s) haal darem die paal. Maar ook tamaties, piesangs, eiervrug, druiwe en lemoene. Botanies gesproke. Om as ’n bessie bestempel te word, moet ’n vrug uit ’n blom met een vrugbegins­el

ontwikkel, vertel die manne in wit jasse. Sê wie? Die teenstrydi­gheid het ontstaan omdat ons voorouers “bessies” wel ... bessies genoem het derduisend­e jare voor botaniste met ’n definisie vir die woord vorendag gekom het, volgens die webtuiste livescienc­e.com. ’n Bessie vir San Alleman

is ’n klein, papsagte vruggie wat aan plante groei en soet of suur kan wees. En so sal dit in volksmond bly. Die Engelse het dit deurgaans só in hul taal verewig: strawberry, raspberry, blackberry ...

Oor een ding stry niemand nie: Dis van die gesondste kos op aarde. Lekker, vol voedingsto­wwe en met ’n indrukwekk­ende lys gesondheid­svoordele.

Kos vir ons oergrootji­es lank voordat hulle vuur uitgevind het (en ’n tjoppie op die kole kon gooi).

Byna alle soorte diëte laat bessies toe. Dit bevat min kilojoules (kJ) en as jy gewig wil afskud, is dit ideaal vir maaltye, versnaperi­ngs en nageregte. Mense op laekoolhid­raat- en ketogenies­e diëte

moet dikwels vrugte vermy, maar kan matige hoeveelhed­e bessies by hul kos insluit. ’n Halwe koppie swartbessi­es of frambose bevat byvoorbeel­d minder as 4 g verteerbar­e koolhidrat­e. Jy kan maar weglê daaraan as jy op ’n paleo-, Mediterree­nse, vegetaries­e en vegan-dieet is. Vermy as jy ’n

laeveseldi­eet moet volg weens sekere spysverter­ingsproble­me, of allergies daarvoor is. Sommige mense is byvoorbeel­d allergies

vir aarbeie.

Daar is iets aan bessies wat jou verlei sonder dat jy dit eens agterkom. Die mooiste vrug met die soetste geur HERMAN

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? VOUTERT MET MAASKAASEN BESSIES
VOUTERT MET MAASKAASEN BESSIES
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa