Sarie Kos

’n Honger vrou

- teks HERMAN LENSING foto’s WILLEM LOURENS grimering MELISSA VAN ZYL

As kosskrywer Sam Woulidge eers so aansteekli­k begin lag, weet jy sommer sy is perfek vir haar nuwe rol as beoordelaa­r in die 3de seisoen van kykNET se gewilde werklikhei­dsreeks Kokkedoor. Ons het gaan vasstel hoekom kos so ’n groot rol speel in haar aar lewe

Kokkedoor 3 begin Donderdag 18 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)

1Wie is Sam Woulidge? Waar kom sy vandaan en hoekom is sy so lief vir kos? Ek is ’n trotse Suid-Afrikaner en gebore en getoë Kapenaar. My ma was nie altyd goed met woorde nie, maar sy kon met kos vir my wys sy het my lief: pannekoek as dit reën, roomys as die son skyn. Ek skryf oor kos, want vir my is dít die taal van die liefde. Anders as my ma, sê ek eerder in woorde as ek iemand liefhet voor ek ’n sesgang-maaltyd kook. Maar dit maak nie vir my saak of jy woorde of kos gebruik nie, moet net nie jou liefde terughou nie.

2Jy is bekend vir jou rubriek Confession­s of a Hungry Woman in Woolworths se Taste- tydskrif. Vanwaar die naam? Ek is iemand wat my hart op my mou dra en ek skram nie weg van die waarheid nie. Soms sê ek te veel – maar waar die hart van vol is, loop die mond van oor! Daarom die biegaspek van my rubriek. Om ’n honger vrou te wees beteken nie noodwendig ek beskou myself as vraatsugti­g nie – maar ek smag na lekker kos, nuwe ervarings en betekenisv­olle betrokkenh­eid by mense.

3Kokkedoor is een van daardie reekse wat, so glo ek, Suid-Afrikaanse kos vir altyd verander het. Hoe voel dit om deel te wees van die derde seisoen? Ek voel geëerd, want daar is baie passievoll­e Suid-Afrikaners wat so mooi oor ons kos skryf. Ek wéét ek is een van baie – maar my vel kriewel van lekkerkry oor die uitdaging.

4Jy is geseën met ’n talent vir skryf. Nou sal jy jou storie moet ken voor die kameras. Is jy gereed daarvoor? Om van ’n rekenaar af stories die wêreld in te stuur is baie veiliger as om voor die kamera op te tree. Natuurlik is ek ’n bietjie senuagtig, maar soos my vriendin Lindi altyd sê : “Sit net ’n bietjie lipstiffie aan en gee jou beste.”

5Nic van Wyk en Hetta van Deventer-Terblanche gaan weer die sweep klap in die kombuis. Wat is jou rol in die reeks? ks? As beoordelaa­r is ek die stem van Jan Alleman. Ek kook nie naastenby so goed soos Nic nie en ek beskik nie oor Hetta se kennis van die geskiedeni­s van kos nie. Maar ek glo in die mag van stories en hoe mense met kos hul eie verhale vertel of verklap. Dís wat ek soek.

6Kokkedoor is geanker in Suid-Afrikaanse kos. As jy aan ons kleurryke koslandska­p dink, wat proe jy? Kaneel en kerrie.

7Wat is jou nommer-1-reël wanneer jy kosmaak? Volg die resep!

8Geen kombuis mag ooit sonder ... knoffel, rissies, botter, brood en kaas wees nie.

9Jy is nie skaam om te erken dat jy mal is oor poeding nie, veral Suid-Afrikaanse poedings. Waar kom die liefde vandaan en watter een is die, wel, suikerkorr­el van jou oog? Ek vrek ook ’n peppermint crisp-tert, sal wát wou gee vir ’n malvapoedi­ng en ver ry vir ’n vars koesister (Kaapse koeksister.) Ek kom uit ’n familie wat soet bo suur verkies. My oupa Sam, na wie ek genoem is, het my altyd skelmpies met soetgoed bederf.

10Wat kan ons verwag van die nuwe seisoen van Kokkedoor? Plaasmuis word stadsmuis. Al woon jy in die stad, beteken dit nie jy het jou liefde vir kos van die plaas en die dorp en die verlede verloor nie!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa