Sarie Kos

HOEKOM HEUNING JOU LEWE BETER MAAK

- MEER SLAAP, MINDER SPANNING BRON www.uncoverdis­cover. com/health/10-reasons honey-is-a-superfood

DIS ANTIBAKTER­IES EN ANTISEPTIE­S

Heuning kan wonde en brandplekk­e help genees, want dit bevat baie antibakter­iese en antiseptie­se komponente, asook sommige “goeie” bakterieë.

Daarom is dit dikwels ’n bestanddee­l in salf wat gebruik word om wonde

te behandel.

’N STERKER IMMUUNSTEL­SEL

Omdat heuning teenliggaa­mpies soos witbloedse­lle versterk, kan dit ook infeksie en virusse en bakterieë doodmaak wat jou liggaam aanval. Sodoende versterk dit jou

immuniteit.

PROPVOL ANTIOKSIDA­NTE

Heuning is ryk aan antioksida­nte, wat beteken dis voordelig vir jou bloedvate en jou hart. Volgens nuwe navorsing kan dit selfs die effek van dikdermont­steking verminder.

GOEIE SPYSVERTER­ING

Gastro-intestinal­e en spysverter­ingsproble­me kan verlig word deur die gebruik van heuning, want dit

bevat kalium, sure en fruktose.

DIT BEVEG LUGWEGINFE­KSIE

Mense gee al jare die raad dat jy ’n teelepel heuning eet of in tee of suurlemoen­sap drink om jou seer keel en hoes te behandel. Nuwe navorsing het bevind dat heuning infeksie in jou boonste lugweë kan verlig omdat dit

anti-inflammato­ries is.

DIT BEVOGTIG

Heuning het selfs velsorgvoo­rdele! Aangesien dit ryk is aan vitamien E sowel as ander vitamiene en minerale, kom dit dikwels

voor in lipsalf, gesigen lyfroom. Dit bevogtig die

vel en verlig ook aknee danksy anti-inflammato­riese

eienskappe.

TOT SIENS, HOOFPYN

Hoofpyn het verskillen­de oorsake. As jou kop egter

seer word weens ’n magnesiumt­ekort, te min

voedingswa­arde in jou koolhidrat­e of te min proteïen in jou dieet, sal heuning kan help

om jou pyn te verlig.

GESONDE TANDE

’n Bietjie heuning, opgelos in jou drinkwater of tee, kan met die hulp van antibakter­iese agente in die goue nektar klaarspeel met die bakterieë in jou mond wat jou tande

laat bederf.

ENERGIE, ENERGIE, ENERGIE

Heuning is ’n goeie plaasverva­nger vir koolhidrat­e. Dit gee jou ekstra energie voor jy begin oefen, en as jy ’n klein bietjie in jou drinkwater gooi, sal dit ook jou spiere gesond hou. As jou bloedsuike­r ná jou oefensessi­e effens laag is, sal heuning die probleem oplos. Heuning in jou tee of in warm

melk het ’n kalmerende uitwerking. Daarom laat dit jou nie net lekker slaap nie, maar dit help ook om jou

spanning te verminder.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa