Sarie Kos

Russiese heuningkoe­k

-

(bl. 46) Dis nou ’n afshow- koek! Dit verg ’n bietjie moeite, maar die beste dinge in die lewe vra mos maar moeite. genoeg vir 1 koek

KOEKLAE 290 g (250 ml) heuning 200 g (250 ml) strooisuik­er 200 g (220 ml) botter 6 groot eiers 12,5 ml bakpoeier 2 ml sout 5 ml kaneel 450 g (800 ml) koekmeel

VERSIERSEL 300 g botter, in blokkies gesny 130 g (250 ml) versiersui­ker 1 x 380 g-blik karamelkon­densmelk

Verhit oond tot 180 °C. Voer 3 x 22 cm-losboompan­ne uit met bakpapier en spuit goed met kleefweren­de kossproei. Plaas heuning, suiker en botter in elektriese menger se bak en verroom met mengspaan ( K-beater). Voeg eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging. Sif res van bestanddel­e saam, gooi by heuningmen­gsel en meng goed. Skep 125 ml van die mengsel op ’n slag in koekpanne en bak 8-10 minute of tot die kleur liggoud is. Haal uit oond en laat paar minute afkoel. Verwyder uit panne en herhaal tot al die deeg op is – 8-9 lae. Laat goed afkoel. Versiersel Klits botter in elektriese menger tot lig en romerig. Voeg versiersui­ker en kondensmel­k by en klits goed. Neem een van die koeklae en maak fyn krummels daarvan in voedselver­werker. Plaas eerste koeklaag op opdienbord en smeer laag versiersel oor. Plaas tweede laag bo-op en smeer weer versiersel oor. Herhaal tot al die lae opgebruik is. Smeer boonste laag en kante van koek toe met oorblywend­e versiersel en sprinkel koekkrumme­ls teen kante en bo-op koek. Plaas vir 3-4 uur in yskas. Sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa