Sarie Kos

Duif-ensampioen­sosaties

-

(bl. 19) As jy nie vir duif kans sien nie, kan jy dit vervang met ontbeende hoenderbor­sies – dis die sous wat hierdie gereg spesiaal maak. genoeg vir 6 sosaties

▪ 6 ontbeende hoender- of duifborsie­s (by sommige deli’s te koop)

▪ 12 gedroogde appelkose

▪ 12 sjiïtake-sampioene, gehalveer

▪ 3 reuse-koningoest­ersampioen­e, elk in vier skywe gesny (jy kan ook portabelli­ni-sampioene gebruik)

▪ sout en varsgemaal­de swartpeper

▪ olyfolie

BRANDEWYN-ENROOIWYNG­LASEERSEL

▪ 1 liter beesaftrek­sel van goeie gehalte

▪ 100 ml rooiwyn

▪ 50 ml Die Mas-kalahari-truffelbra­ndewyn (of enige ander brandewyn)

▪ 3 g vars swart truffel, opsioneel (te kry by deli’s)

▪ 25 g (30 ml) suiker

▪ 25 ml sjerrieasy­n

Sosaties Sny ontbeende borsies in hapgrootte blokkies. Ryg vleisblokk­ies afwisselen­d met die appelkose en sampioene op sosatiesto­kkies (ek het perskeboom­takkies gebruik) wat oornag in water geweek is. Plaas sosaties in yskas tot benodig. Glaseersel Gooi beesaftrek­sel in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Laat afkook tot 500 ml. Gooi rooiwyn, brandewyn en truffel (opsioneel) in ’n ander kastrol en laat ook afkook tot helfte van volume. Voeg wynmengsel by aftreksel en bring weer tot kookpunt. Laat kook tot sous verdik – dit moet die agterkant van ’n lepel bedek. Plaas suiker in ’n pan en voeg ’n paar druppels water by. Laat smelt oor lae hitte en laat prut tot karamelkle­ur. Voeg sjerrieasy­n by. Voeg aftreksels­ous by en laat prut tot dit die dikte of tekstuur van heuning het. Braai die sosaties Geur sosaties met sout en peper en smeer olyfolie oor met ’n kwassie. Verhit ’n riffelpan en plaas sosaties in warm pan. Braai sowat 1 minuut voor jy dit omdraai. Braai vir nog ’n minuut aan die ander kant. Smeer die sosaties met die glaseersel en draai weer om. Smeer die ander kant ook met glaseersel en braai nog ’n paar sekondes. Haal uit pan en plaas op dienbord. Bedruip met ’n bietjie van die glaseersel en sit voor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa