Sarie Kos

10 redes om Indonesië te besoek

Bali is dikwels die eerste gedagte wat by mense opkom wanneer jy van Indonesië praat. Maar dié land met altesame 17 504 eilande, waarvan 2 700 bewoon word, is soveel meer, het ek op ’n onlangse besoek besef. Kom reis en eet saam met my!

- deur HERMAN LENSING foto’s LIANI JANSEN VAN RENSBURG

Die ou dorp

1 in Djakarta

Ons eerste stop op die toer is Indonesië se hoofstad, Djakarta, op die eiland Java. Dis ’n tipiese metropool en met ’n bevolking van meer as 10 miljoen mense is die stad ’n miernes van bedrywighe­de. Sodra jy dit regkry om verby die duisende mense op bromponies te kyk en jou vrees vir oorhaastig­e taxidrywer­s te bedwing, is die stad propvol versteekte juwele. Een hiervan is Kota Tua, die ou dorp van Djakarta. Dit is ook bekend as Oud Batavia (Batavia was 330 jaar lank Djakarta se naam, voor Indonesië se onafhankli­kwording in 1949) en die argitektuu­r is steeds in ’n tipies Hollandse styl, met breë strate en kanale. Hier is ook wonderlike restaurant­e te vinde. Die hoogtepunt van die besoek aan die ou dorp was vir my die kleurryke fietse, elk met ’n bypassende hoed, op die Fatahillah-plein. Jy kan ’n fiets vir ’n appel en ’n ei huur en só die omgewing verken.

2 Satai en rys

Jy kan nie Indonesië besoek en nie satai – hoender of bees op stokkies gaargemaak in ’n grondboont­jiesous – proe nie. Jy kry dit letterlik oral – ons het selfs iemand met ’n satai-braai op haar kop, met warm kole in, op ’n bromponie gesien! Die heel lekkerste is dié wat jy by die straatverk­opers koop en sommer daar langs die pad op oop vure gaargemaak word. Hoewel jy dié kebabs oor die hele Indonesië vind, sal die inwoners van Java jou gou vertel die oorsprong van satai is op dié eiland en dis dus die beste plek om dit te eet. ’n Nota om te maak wanneer jy ’n plaaslike restaurant besoek: Groot bakke gestoomde rys maak altyd gou ’n verskyning by amper elke maaltyd. Ek hou van rys, maar wees versigtig dat jy nie te veel weglê daaraan en te vol is om die fees van geregte te geniet nie.

 ??  ??
 ??  ?? Fietse en bypassende hoede
op die Fatahillah-plein.
Fietse en bypassende hoede op die Fatahillah-plein.
 ??  ?? Hoende
rsataiop in ’n Djakart tradisio a. nele kolebra
aier
Hoende rsataiop in ’n Djakart tradisio a. nele kolebra aier

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa