Sarie Kos

Kookklas: Kom ons bak brood

Die jaar van die brood, het koskenners 2020 gedoop. En ons harte is bly, want vir lank was brood die stiefkind van die koswêreld. Nou kan ons weer die heerlike geure en smake van tuisgebakt­e brood geniet

- resepte HERMAN LENSING foto’s WILLEM LOURENS

Ons praat broodbak

FERMENTEER

Dit verwys na die proses waartydens die deeg rys en die gis (kitsgis of suurdeeg) kans kry om sy werk te doen. Dit gebeur meestal op ’n warm plek. Maar soms kan jy ook deeg stadig in die yskas laat fermenteer as jy skerper gissmake soek.

LOUWARM WATER

Gis is ’n lewende organisme en dis belangrik om dit so te hanteer. As die water of ander vloeistof waarmee jy die deeg aanmaak te warm is, sal die gis “doodgaan” en die deeg sal nie kan fermenteer nie. Vloeistof moet nooit warmer as liggaamste­mperatuur wees nie. Jy kan dit toets deur jou vingerpunt in die vloeistof te steek.

HOL KLANK

’n Baie akkurate manier om te toets of brood gaar is. Klop liggies met jou kneukels op die kors van die brood. As dit hol klink, is dit gaar. ’n Dowwe, diep klank beteken die brood is nie deurgaar nie.

KITSGIS

Droë gis het dieselfde samestelli­ng as vars gis (bakkersgis), maar dis meer gekonsentr­eerd en daarom gebruik jy minder. Die meeste kitsgispak­kies is ook verryk met vitamien C, wat die fermentasi­eproses vinniger maak.

BAKKERSGIS

Dis ’n vars vorm van gis wat in ’n bruin klei-agtige blokkie verkoop word. Jy moet meer bakkersgis as kitsgis gebruik om die brood behoorlik te laat fermenteer en die rakleeftyd is korter as dié van kitsgis. Die gisgeur in die brood is sterker en die deeg fermenteer vinniger. Dis wel deesdae baie moeilik om bakkersgis kommersiee­l in die hande te kry.

SUURDEEG

Die eerste vorm van gis, voordat kommersiël­e gis ontwikkel is. Dit kan verskeie groeimediu­ms hê – van aartappels, rosyntjies en rogmeel tot ’n doodeenvou­dige mengsel van water en meel. Die gisproses duur langer, maar die kombinasie van bakterieë en natuurlike gis in die suurdeeg gee die brood sy unieke smaak – vandaar die naam – asook ’n unieke donker kors.

 ??  ?? 42
30
42 30
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa