Sarie Kos

E-pos uit Dakar, Senegal

-

Senegal is nie op die meeste Suid-Afrikaners se toerlysie nie, en al wat Mia Berry Bester van dié land geweet het, is dis ’n stilhouple­k in Wes-Afrika op pad na die VSA. Nou geniet sy en haar man, Juan, die ‘land van taranga (gasvryheid)’ in sy volle glorie Wat doen julle in Senegal?

Juan werk in openbare finansies vir die Verenigde Nasies se Kinderfond­s, UNICEF. Ekself het meer as tien jaar as ’n grafiese ontwerper in die Kaap gewerk. Tans is ek ’n bietjie van alles: toermaat, ondersteun­ingsnetwer­k, skoonmaker en tuisteskep­per. Ek probeer ’n bietjie vryskutwer­k doen, maar dink ek moet my titel verander na “toeragents­kap wat spesialise­er in ongewone ervarings”.

Hoe veilig is dit daar?

Dit is seker een van die veiligste plekke in Wes-Afrika met ’n stabiele en relatief oopkop regering. Sowat 94% van die bevolking is Islam, maar die mense is baie gematig en respekteer die minderheid­sgroepe. In sekere dele, veral by die markte, word toeriste wel gewaarsku teen sakkerolle­ry, maar ek dink as SuidAfrika­ners is ons so bewus van misdaad dat ons byna oorversigt­ig is.

Ons slaap dikwels met oop vensters en loop ná sononder in die donker huis toe sonder om bedreig te voel. Die grootste gevaar is die paaie en as voetganger moet jy maar dikwels uit die pad spring vir een of ander voertuig wat aan die verkeerde kant van die pad ry om slaggate, poele water of diere te mis.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Kralehalss­noere
vir soeweniers.
Kralehalss­noere vir soeweniers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa