Sarie Kos

Ma Afrika se spens

-

Ons lewe aan die suidpunt van die naasgroots­te

kontinent met die naasgroots­te mensemassa

op aarde. Dis ’n kontinent van uiterstes, waar minerale, edelmetale en rou produkte na die ontwikkeld­e wêreld vloei om verwerk te word, voor ’ n persentasi­e daarvan

weer as selfone tot sjiekverpa­kte sjokolade op Afrika se rakke beland. Maar wat eet Afrikane? wonder

Bianca du Plessis. Hoe lyk ons kontinent se koskaart en wat is ons bydrae tot die

kulinêre wêreld?

Pizza herinner onmiddelli­k aan Italië, paella is Spaans en sushi-liefhebber­s wêreldwyd bedank – al is dit net in hul gedagtes – met elke geurbom die Japannese nasie vir hierdie toevoeging tot hul dieet. Afrika se vrugte, graan- en peulgewass­e, seekos en wildsvleis is gesog in kosmandjie­s van Beijing tot Berlyn, so ook produkte wat uniek is aan ons vasteland en haar eilande, soos Marokkaans­e koeskoes, SuidAfrika se rooibostee, bourbon-vanielje van Madagaskar en Réunion, wyn, sap, speserye . . .

Palmolie en kakaobone is twee van Afrika se grootste voedseluit­voerproduk­te. Lande aan die weskus van Afrika produseer gesamentli­k twee derdes van die wêreld se kakao. Die kans is dus groot dat jou geliefde luukse Switserse sjokolade ’n lang pad moes reis vanaf die Ivoorkus na Europa se sjokoladef­abrieke, net om terug te keer na jou plaaslike supermark se rak.

Kasjoeneut­e is nog ’n top-uitvoerpro­duk van verskeie Afrikaland­e, grotendeel­s rou na Indië, waar dit verwerk, verpak en na die VSA en Europa versprei word word. Indien hierdie lande hul kasjoeneut­e plaaslik sou verwerk, sal dit die inkomste uit hul kasjoe-oeste dramaties verhoog. Andersyds tel die verskerpte fokus op etiese verbouing en handel – soos bevorder deur die organisasi­e Fairtrade – in die guns van Ethiopië se koffieboer­e, wat beter pryse vir hul bone kry. As die geboortepl­ek van koffie is die wêreld dié land veel verskuldig. Dink net hoe befoeterd jy raak as beurtkrag jou uit die bloute jou eerste koppie koffie ontneem.

Maar dit is produkte. Wat van Afrika se kos? Dit blyk merendeels variasies van een gereg te wees. Ja, die name verskil, maar een ou se shisa nyama en chakalaka lyk baie na ’n ander ou se braaivleis, pap en smoor. Gebraaide vleis, sous en ’n sagte stysel wat met die hand in ’n lepelvorm gedruk word om sous te skep, is die een gereg wat oral in Afrika geniet word. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa