Sarie Kos

Gelukkige ete!

Moeg, geïrriteer­d of depressief? Soms wil jy net jou probleme wegeet. Natuurlik kan jy nie. Wat wel ’n feit is, is dat sekere kosse jou brein se chemie kan beïnvloed en só jou bui verbeter

- deur herman lensing foto’s michael le grange teks lydia van der merwe, sarie-gesondheid­sredakteur

Jy het seker al opgelet as jy ’n groot bord pasta eet, gaan jou kop op ’n dink-staking. Nie ’n goeie ding op ’n dol dag nie. Vir ’n helder kop is klein hoeveelhed­e proteïene (eiers, vleis, peulgroent­e en neute) beter. Dit bevat aminosure wat jou opkikker en grotendeel­s daardie lam en lui gevoel in die middel van die dag voorkom. (Aminosure is proteïene se basiese boustene.)

Sommige kosse het inderdaad ’n subtiele uitwerking op jou brein. Kortom: Jou brein het spesifieke voedingsto­wwe nodig om sekere neuro-oordragsto­wwe te vervaardig. Weet jy wát jy moet eet, kan jy met jou brein toor, volgens Mariza van Zyl, geregistre­erde dieetkundi­ge van die Paarl.

Koolhidrat­e vir kalmte

Die aminosuur triptofaan is die voorloper van die goedvoel-towerstaf serotonien en kom in feitlik alle proteïenry­ke kosse voor. Die vangplek: Die aminosure in jou kos probeer almal gelyk die brein binnegaan. Triptofaan moet saam met die res toustaan. ’n Dieet te hoog in proteïene kan selfs serotonien­produksie verminder. Hier is die truuk: Eet jy koolhidraa­tryke kosse (vrugte, styselgroe­nte), stel jou liggaam insulien vry. Insulien boender al die aminosure na die spiere toe, met die uitsonderi­ng van triptofaan. Triptofaan kan nou sonder mededingin­g die brein binnegaan, waar dit (met die hulp van sink en magnesium) in serotonien omgesit word. Serotonien kan onder meer jou aptyt en ook pyn verminder. Dis boonop ’n voorloper van melatonien, wat in groot hoeveelhed­e jou lekker laat slaap.

Daar is dus ’n rede hoekom jy na die pak koekies gryp as jy “af” voel. Maar dit werk nie altyd nie. Om ’n serotonien- rush te kry moet jy op jou leë maag kos eet wat nét uit koolhidrat­e bestaan. (Soos droë ontbytkos, ’n broodrolle­tjie met konfyt of aartappel – sonder botter of roomkaas.) Kos ryk aan koolhidrat­e én vet gaan nie werk nie: Vet veroorsaak dat die kos stadiger verteer. Moet dus nie koolhidrat­e uit jou dieet verban nie, kies net slimmer: Heelgraan (onverfynd), vrugte, groente en peule, wat ook belangrike voedingsto­wwe en vesel verskaf. Laasgenoem­de is veral belangrik vir jou bioom (populasie “goggas”), betrokke by die aanvanklik­e absorpsie van triptofaan.

Proteïen vir wakkerheid

Eet kosse hoog in proteïen om jou brein op te kikker. Sekere aminosure help met die vervaardig­ing van neuro-oordragsto­wwe wat jou wakker en energiek laat voel. Soos tirosien vir die vervaardig­ing van dopamien en noradrenal­ien en glutamien vir glutamaat. Bronne: vis, vleis, pluimvee en eiers. Glutamien kom ook voor in koolsoorte, beet, spinasie, wortel, seldery en gefermente­erde kosse (soos miso).

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa